Tienie du Plessis
Tienie du Plessis was deel van die eerste diensplig-opname in 1968 en het 11 maande opleiding in die SA Veld-artillerie by Potchefstroom ontvang. Tenspyte van sy houding het hy destyds tot twee-streep bombardier gevorder (een van daardie strepe is egter teen die eind van daardie jaar ná ’n dissiplinêre verhoor verwyder).
By 4 Veld-regiment was hy junior dril en kanondril instrukteur en PTI (physical training instructor). Daarna het hy alles probeer, maar kon nie een van sy vyf verpligte burgermag-kampe “gyppo” nie. Hy was op die periferie betrokke by die oorlog in Angola gedurende 1976, as deel van die burgermag, wat namens die SAW ’n ordelike “ontrekking” uit Angolese grondgebied moes voltooi. Tans is hy is uitgewer en ontwerper van boeke en het ’n intense belangstelling in die wye dokumentasie van die oorlog op die grens. Hierin fokus hy nie op die storie van die generaals nie.
