Ruda Landman
Ruda Landman is al dertig jaar lank joernalis, eers by koerante, tydskrifte en radio en later by televisie, waar sy bekendheid verwerf het in haar 19 jaar as mede-anker van Carte Blanche op M-Net. Sy het Carte Blanche in Julie 2007 verlaat en haar aangesluit by Linda de Jager se Grensoorlog-span. Daar het sy van die onderhoude gedoen, episodes help struktureer en sny, tekste geskryf en taalversorging gedoen. Sy beskryf dit as die ondervinding van ‘n leeftyd.
Ruda werk tans vryskut as seremoniemeester , fasiliteerder en spreker. Sy dien op die direksie van Media 24. Sy is sedert 1977 getroud met die politieke/ekonomiese analis JP Landman en het een seun. Hulle woon in Johannesburg.
