Die Grensoorlog DVD is nou beskikbaar.
Home » Johan Potgieter

Johan Potgieter

Op ouderdom 17 ontvang Kol Potgieter offisierskommissie as 2lt en dien 28 jaar in die Staande Mag, en in dié tydperk spesialiseer hy as ‘n medium artilleris. Onder andere was hy Hoofinstrukteur Skietkuns by die Artillerieskool, Bevelvoerder van die Artillerietak by die Leërgevegskool, 2IB by die Artillerieskool, en Bevelvoerder 14 Artillerie Regiment. Hy dien ook in hierdie tydperk vier en ‘n half jaar afgebroke in die operasionele gebied en in operasies in Angola waar hy ook die Honoris Crux-dekorasie vir dapperheid ontvang in 1976.

Johan Potgieter

Johan Potgieter Grensoorlog medewerker

In die laaste tien jaar van sy loopbaan dien hy as Instrukteur by die SA Leërkollege, Kommunikasie Offisier en eindig sy loopbaan as Sekretaris vir die Sekretaris van Verdediging. In 1996 verlaat Kol Potgieter die diens met vervroegde pensioen.

Johan Potgieter

Sedert aftrede bekwaam hy hom as binneshuise ontwerper en ontwerp en bou hy eksklusiewe meubels.