Ian Liebenberg
Ian Liebenberg is verbonde aan die Sentrum vir Militêre Studies, Militêre Akademie, Saldanha, Fakulteit Militêre Wetenskap, Universiteit Stellenbosch. Voorheen was hy werksaam by IDASA, RGN en Unisa as navorser, politieke analis en lektor. Hy het onlangs ’n doktorsgraad aan UNISA voltooi met die titel: “Truth and Reconciliation Processes and Civil-Military Relations”. Hy het destyds twee diensplig-toere op die grens gedoen en is ’n boorling van die Noord-Kaap (Upington).
