Derrich Gardner
Derrich Gardner is al meer as 20 jaar betrokke in die uitsaaiwereld. Van die begin dae op radio by Radio Highveld en later Highveld Stereo
en later ook Jacaranda 94.2. Huidiglik is hy betrokke by Radio Sonder Grense (RSG – SABC) waar hy Saterdae se 05:00 tot 10:00 “Brekfis met Derrich” aanbied en onlangs ook die Radio Dokumenter van 26 episodes “Memoriefabriek” (‘n blik op Suid-Afrika se geskiedenis van die 1950’s tot 1980’s met politieke toesprake en wereldtreffers) vervaardig en aangebied het vir RSG.
Op TV het sy loopbaan begin by die SAUK se eerste opvoedkundige programme, hy het ook aangebied op SABC2, toe nog TV1 as kontinuuteitaanbieder, STemwerk gedoen vir SABC, en die ou TV4, later aangebied op “Crime Stop” , veldaanbieder op 50/50, Pasella, Kwela en toe ook vir 7 jaar die musiekprogram DKNT op Kyknet aangebied. Die Grensoorlogreeks was sy idee en vervaardiger Linda de Jager het die idee vervat in die Grensoorlogreek soos nou op DVD beskikbaar is. Tans bied Derrich ‘n Landbouprograam aan op Kyknet “Landbousake”, skryf en woeker met ander idees wat hopelik eendag op TV/silwerdoek gesien kan word.
Derrich doen ook stemwerk vir TV programme en Advertensies, reis graag wereldwyd, en is lief vir tuinmaak en die buitelug.
