Author Profile:
Biography »
Publications »
Posted in Uncategorized on 14 December 2009
Stats: 478 views and No Comments
Ons spoor die eerste Swapokader op wat ooit die grens met ‘n wapen oorgesteek het. ‘n Verhaal ontvou rondom die eerste botsing tussen Suid-Afrikaanse magte en insypelaars in Umgulumbashe Noord-Namibië in 1966. Van dié wat veertig jaar gelede aan beide kante geveg het, vertel.
Ons skets die agtergrond: Harold MacMillan hou sy “Winds of [...]
Posted in Uncategorized on 13 December 2009
Stats: 318 views and No Comments
Terwyl wit Suid-Afrika apartheid teen die agtergrond van die Koue Oorlog steun en agtienjariges diensplig sonder vrae aanvaar, dra Radio Freedom die boodskap van die vryheidstryd na jongmense in Namibië. Ook hulle neem die wapen op, en gaan van die platteland van Ovambo na sneeubedekte Moskou vir opleiding. ‘n Guerilla-oorlog begin. Ons skets [...]
Posted in Uncategorized on 13 December 2009
Stats: 490 views and No Comments
‘n Onkonvensionele oorlog vereis ‘n onkonvensionele reaksie. Teenoor die guerilla-aanslag, stig die SAW ‘n eiesoortige teenvoeter. Ons skets ‘n portret van die elite soldate wat bekend geword het as die “recces”. Die stigter van hierdie eenhede, Jan Breytenbach, en tien ander wat nooit oor hulle werk diep in vyandelike gebied kon praat [...]
Posted in Uncategorized on 13 December 2009
Stats: 188 views and No Comments
Swapo en die MPLA is ondersteun deur Moskou. Ons stel Russiese soldate wat in Angola geveg het, aan die woord, en kyk terselfdertyd na die oortuiging wat in die sewentigs en tagtigs in Suid-Afrika gegeld het dat kommunisme ons aan alle kante bedreig. Fotoboekies het Russe as skurke gehad. Die kerk het [...]
Posted in Cat test 2 on 13 December 2009
Stats: 271 views and No Comments
Hoe beland ‘n man van die Kaapse vlakte in die Kubaanse weermag in Angola?
November 1975. Angola word onafhanklik. Burgeroorlog breek uit. Amerika, die Sowjet-Unie, Kuba en Suid-Afrika raak betrokke – veral vir lg twee die begin van ‘n uitgerekte stryd. Ons kry perspektiewe van genls. Jannie Geldenhuys en Constand Viljoen, Amerikaanse [...]
Posted in Cat test 3 on 13 December 2009
Stats: 288 views and No Comments
‘n Onskuldige term soos “skoonmaak” spook vandag nog by sekere soldate. In hierdie episode bou ingenieurs ‘n brug onder hewige vuur, en honderde sterf naby Ebo, Angola.
Vir ‘n Google Earth kaart van die Brug 14 slagveld sien hierdie keyhole download. Dankie aan die Google Earth Community webwerf.
Program teks:
Episode 6: BRUG 14
Voorheen in Grensoorlog: [...]
Posted in Cat test 4 on 13 December 2009
Stats: 238 views and No Comments
Die guerillabeweging FNLA kry bloedneus, en 26 Suid-Afrikaanse soldate raak gestrand by Ambrizete, baie ver van Namibië se grens en veiligheid. Die vloot tree toe tot die bosoorlog en gaan pik hulle op duisende kilometer noord van Kaapstad.
Image via Wikipedia
Program teks:
Episode 7: ‘N GEWAAGDE REDDINGSPOGING
Voorheen in Grensoorlog:
Constand Viljoen: … [...]
Posted in Cat test 5 on 13 December 2009
Stats: 289 views and No Comments
‘n Onverwagte onttrekking uit Angola, en die begin van weerstand aan die tuisfront. Die CIA verloor die stryd in die Amerikaanse Kongres en die geldkrane word toegedraai.
In Suid-Afrika weier iemand vir die eerste keer om diensplig te doen, na die land in 1976 binnelands ontplof.
Image via Wikipedia
Program teks:
Episode 8: ’76: [...]
Posted in Cat test 6 on 13 December 2009
Stats: 321 views and No Comments
Kontroversieel, gerespekteer, bewonder, gehaat … onder ‘n dekmantel van geheimhouding bly die verhaal van Jan Breytenbach se 32 Bataljon met sy buffelteken een van die uniekste in die geskiedenis van die oorlog.
Posted in Cat test 4 on 13 December 2009
Stats: 296 views and No Comments
‘n Lewendige bom word uit ‘n man se borskas gesny … die dokter vertel. In ‘n oorlog is kontak met die vyand onafwendbaar. Dit beteken gewondes. In 1979 word die SA Geneeskundige Dienste die vierde been van die weermag.
Program teks:
Episode 10: DIE GOUE UUR
Voorheen in Grensoorlog: [...]