Episode 1: Kop aan kop
Ons spoor die eerste Swapokader op wat ooit die grens met ‘n wapen oorgesteek het. ‘n Verhaal ontvou rondom die eerste botsing tussen Suid-Afrikaanse magte en insypelaars in Umgulumbashe Noord-Namibië in 1966. Van dié wat veertig jaar gelede aan beide kante geveg het, vertel.
Ons skets die agtergrond: Harold MacMillan hou sy “Winds of Change”-toespraak. Afrika raak onafhanklik – behalwe die suide. En Swapo word uit ‘n trekarbeid-beweging gebore.
Hierdie program word op die eerste Grensoorlog DVD stel gevind.
Program teks:
Episode 1: KOP AAN KOP
Harold MacMillan: The winds of change are blowing through this continent. Growing national consciousness is a political fact.
Sam Nujoma: The people of Namibia are willing to make more sacrifices… we have the manpower and the capabilities of overthrowing the reign of SA and attaining freedom and independence.
TITEL: KOP AAN KOP
V/O: Die Grensoorlog woed tussen 1966 en 1989 … en elke boetie moes border toe … bos toe …
Die meeste Suid-Afrikaanse huisgesinne het ’n broer, ’n pa of ’n seun in dié era op die grens gehad.
Die landsgrens wat verdedig is, is nie Suid-Afrika s’n nie, maar die land wat toe deur sommige mense SA se vyfde provinsie genoem is, Suid-Wes Afrika vandag
Namibië .
V/O: Die “grens” wat deel van soveel Suid-Afrikaanse mans se herinneringe geword het, was’n ontbosde strook, ook bekend as die “kaplyn”.
Net Suid daarvan het die sogenaamde “Jati” geloop, beperk tot ‘n 460 km kaplyn tussen die Kunene en die Okavango riveer.
V/O: Die kaplyn is dikwels oorgesteek tydens militêre operasies.
Ma en Pa tuis in Suid-Afrika was selde hiervan bewus.
En min mense weet vandag presies waar hierdie stryd wat drie-en-twintig jaar sou duur werklik begin het … en waarom …
Toe die Eerste Wêreldoorlog in 1914 uitbreek was Suidwes onder Duitse beheer.
As Britse kolonie het Suid-Afrika troepe gestuur om die gebied, met sy twee hawens by Swakopmünd en Luderitzbücht, vir die geallieerdes in te neem.
Ná die oorlog is Suid-Afrika hiervoor vergoed deurdat hy Suidwes as vyfde provinsie kon bestuur.
Dirk Mudge: … uhh … dis dikwels gevra, hoe het dit gebeur dat so baie Suid-Afrikaners hiernatoe gekom het. Dit is aan my gesê dat generaal Smuts, destyds die standpunt ingeneem het dat “… he wants to establish a european civilization in Namibia …”
V/O: Die Europeërs wat hulle in Namibië kom vestig het, het werk geskep … maar op hulle terme.
Soos in Suid-Afrika is die trekarbeidstelsel ook hier ingestel.
Baie van die Ovambo’s uit die noorde van die land het gaan werk soek in die myne en die visfabrieke verder suid … die area wat hulle die “police zone” genoem het.
Helao Shityuwete: … so I had to come down to the Police Zone to look for employment … and I went to work in a girl hostel in Outjo in 1956 … that was now a twenty four year … a twenty four month … contract, without going back to my family …
Clip en V/O van SWAPO propaganda: … industry is controlled by the contract labour system. Until recently this was administered through a government labour bureau called SWANLA. When an African signs a contract he signs his life away for its duration. The contract states where he will work, what job he will do and how much he will earn …
Helao Shityuwete: … and … uh … the salary at this time … it was five cent a day … five cents a day, which was then a sixpence, in those days … so just imagine what you would end up at the end of the twenty four month conmtract … with nothing …
Dirk Mudge: … kyk, dit het maar hier gegaan soos dit in die meeste lande gaan waar daar ongelykhede is, waar fundamentele regte ontken word, waar daar diskriminasie is op grond van kleur, etnisiteit, wat dit ookal mag wees, … uh … waar mense nie stemreg het nie en hulle oorheers word. Dit het oral in die wêreld gebeur dat mense net eenvoudig in opstand kom …
V/O: Die Ovambo People’s Organisation is in 1957 in Kaapstad gestig deur ’n groep trekarbeiders uit die noorde van Suidwes-Afrika.
Hulle het hulle hoofsaaklik verset teen die trekarbeidstelsel, maar die breër politiek was altyd deel van die prentjie.
Helao Shityuwete: … in the early sixties, it is now many people started asking questions as to why are we still pusuing passive politics, when the system is brutalising us?
V/O: Hulle is deel van ’n beweging dwarsoor Afrika.
In 1950 was feitlik die hele vasteland nog verdeel tussen europese magte.
Oor die volgende twee dekades het die prentjie dramaties verander.
Waar die koloniale heersers wou briek aandraai was die reaksie … opstand.
In Suidwes-Afrika verander die Ovambo People’s Organisation sy fokus en omskep homself in ’n politieke organisasie … SWAPO.
Twee jaar later skep hulle ’n militêre vleuel … the People’s Liberation Army of Namibia … PLAN
Helao Shityuwete: … in the early sixties, some of us fled the country, went into exile and underwent military training …
V/O: Helao Shityuwete en verskeie van sy kollegas is in 1968 vir agtien jaar Robbeneiland toe gestuur, maar daar was altyd ander wat bereid was om die stryd voort te sit.
Die Suid-Afrikaanse Weermag het besef dat hierdie nuwe aanslag op ’n nuwe manier moet teëgestaan word.
Constand Viljoen: … hoe moet Suid-Afrika sy weermag voorberei om instaat te kan wees om vir die volgende vyf-en-twintig jaar die aanslag teen Suid-Afrika te kan handteer? Ons het die insurgensiestryde van die wêreld bestudeer … en een van die belangrikste lesse wat jy moet leer uit so iets, is dat oorlogvoering totaal verander het.
Helao Shityuwete: …you have to abide by the army, or military discipline … as well as military politics … you are not to target a soft target for the sake of it … no …
V/O: Maar plaaslike leiers is soms gesien as legitieme teikens.
Helao Shityuwete: … one of the … those who were killed like … uhm … Njoba, was an obstacle … and another one Ushana Shime [?], he was an obstacle and in our efforts to try to reach our goals … cause they were part and parcel of the system and hence, definitely, just like Jan de Wet, at the time, he was an obstacle … and that is why they need to be removed …
Jannie Geldenhuys: … ek weet dat party mense is vreeslik sensitief oor die woord ‘terreur’, maar nou wil ek ook hê, jy moet eintlik vir my sê … as iemand nou ’n bom gaan plant in ’n restaurant en vrouens en kinders in flarde blaas … wat noem ’n mens daardie … soortvan … van … optrede?
V/O: Terroriste-oorlog … guerilla-oorlog … vryheidsoorlog?
Dit hang af aan watter kant jy staan.
Helao Shityuwete: … I can describe myself as a guerilla … a person who is determined to remove the system which oppresses and deprives people of their human … basic human rights …
Constand Viljoen: … maar die werklike doelwitte was nie militêr nie, hulle wou nie verower nie … die werklike doelwitte was ’n politieke verowering … verowering … ’n sielkundige verowering …
V/O: Hulle het in lande soos China, Noord-Korea en Rusland opleiding en wapens gekry … en dan terug gekom … oor die kaplyn
Dirk Mudge: … daar is mense op plase vermoor, daar is kraglyne opgeblaas … maar … dit … dit het ’n klimaat geskep in ons land van vrees … mense het nie geweet nog jy moet drade om jou huis span en veiligheids-maatreëls tref … en ons was destyds uit-en-uit afhanklik van beskerming deur die polisie …
V/O: Suid-Afrikaanse soldate kon nie in die destydse Suidwes optree nie.
Toe hulle dus reageer op berigte van insypeling en vir die heel eerste keer in ’n skermutseling met vryheidsvegters betrokke moes raak, word hulle almal ingesweer as polisiemanne.
Die jaar … 1966.
Die plek … hier … hier by Umgulumbashe … net suid van die grens … ‘Die Plek van die Kameel’ …
ADVERTENSIEBREUK
V/O: Die verhaal begin met ‘n hoogs geheime opdrag aan Theunis Swanepoel, ook bekend as ‘Rooi Rus’.
Saam met vier ander veiligheidspolisiemanne vertrek hy stil-stil Ovamboland toe.
Dirk Mudge: … ja, ek was in beheer van paaie en lughawens en toe het ek ’n oproep uit Pretoria gekry van ’n instansie wat gevra het of hulle die Ruacana-lughawe kan gebruik … nie vir my gesê waarvoor nie … en ek en die hoof paaie ingenieur het op gevlieg, dromme weg gerol en daar rond geloop, nou’s ons ook vrek nuuskierig om sien wat gaan nou gebeur … iets gaan nou hier gebeur … maar daar sien ons ’n voertuig staan met ’n klompie mense … wat doen julle hierso? … nee wat, hulle is sommer hier met opmetingswerk besig …
V/O: Die polisie opereer onder die dekmantel van PASCO Civil Engineers.
Hulle gee voor dat hulle in die noorde van Namibië as padwerkers optree … maar hulle is nie opmeters nie.
Die wat mooi na die PASCO logo sou kyk, sou ’n akroniem sien … SAP Company … ’n grappie tussen die manne.
Soos Rooi Rus en sy span van vier ander polisiemanne aankruie op hul sending na die noorde van Namibië, is daar ’n ander beweging aan die ander kant van die politieke spektrum wat ook momentum kry. …(asem)
Twee groepe wat spoedig kop-aan-kop in harde kontak te staan sou kom.
Johnny Otto Nankudhu: … I was the first man … training … to come to Namibia with a gun … the first, first …
V/O: Johnny Otto Nankudhu was die leier van die SWAPO-groep wat by Ongulumbashe opgetree het.
Hy het uiteindelik ongedeerd uit die bosoorlog getree … die oorlog wat drie-en-twintig jaar later tot ’n einde sou kom.
Soos dié van Helao Shityuwete en vele ander, begin Johnny se storie by woede oor die trekarbeidstelsel en die paswette. Hy besluit hy persoonlik gaan iets daaraan doen.
Johnny Otto Nankudhu: … I join the struggle in 1960 …
V/O: Soos soveel ander, kry hy sy opleiding in die buiteland.
Johnny Otto Nankudhu: … I was training in Egypt, and from there I go to training, military person … uhh … military academy in the Soviet Union person … when I finish … one year in the Soviet Union … I come back to Tanzania … I establish a camp in Tanzania to train our people who come from Namibia …
V/O: Op veertien Maart, 1956 vertrek die eerste ses SWAPO-kaders uit Tanzanië.
Elkeen het ’n Russiese sub-masjiengeweer en ’n Tokarev pistool en ammunisie … hulle reis grootendeels te voet.
Johnny Otto Nankudhu: … I walk six … six thousand kilometres from Tanzania to Namibia … (onduidelik) … I come to open the front in Namibia … inside …
V/O: In Ovamboland verdwyn Johnny en sy manne tussen die bevolking.
Mao Tse Tsung se beskrywing … die vryheidsvegter is die vis; die bevolking is die see … speel homself ook hier uit.
Johnny Otto Nankudhu: … ja, Omgulumbashe is not the first camp we established here … but before there we established a training camp in Namibia. I think the total of the training camps we established it was five … four and Ombulumbashe was the fifth. When I were … the time I got to Omgulumbashe I was already trainning 92 soldiers. Now I established the camp there myself … all the logistics and everything … if you went there you got … (onduidelik) … the house inside the earth …
V/O: Hierdie “house inside the earth” sou ’n bekende gesig word in die bosoorlog.
Johnny en sy manne grawe hulle in by Ongulumbashe.
Van die ander kant af is Rooi Rus deur Namutomi in Etosha, oppad op sy geheime sending … vind uit waar die SWAPO-bassise is, identifiseer en vernietig die vyand.
Dit is as Rooi Rus by Etosha aankom dat hy uiteindelik ’n kodenaam kies vir sy taak … Operasie Blouwildebees
Dit neem nie lank voordat hulle ’n informant vind nie.
Hy kry die bynaam van “Die Majoor”.
Hierdie dubbel-agent sou ’n sentrale rol speel om die aanval op Omgulumbashe te beplan.
Hy praat die plaaslike taal en verstaan die tradisies van die Ovambo’s.
ADVERTENSIEBREUK
V/O: Op twee-en-twintig Augustus 1966 gaan Rooi Rus en twee ander polisiemanne saam met Die Majoor op ’n verkenningstog opgrond van lugfoto’s.
Hulle wou die presiese ligging van die basis by Omgulumbashe vasstel en besluit of hulle uit die lug, of te voet moet aanval.
Die wit soldate vermom hulle as Ovambo’s … die heel eerste keer wat witmense Black-is-Beautiful as masker gebruik.
Na dae in die veld identifiseer hulle die baken en besluit ’n lugaanval is die beste opsie.
Op vier-en-twintig Augustus, vertrek ses Alouette helikopters, met bemanning, na Rooikop basis by Walvis baai.
Eers was daar ’n wetlike haakplek … net die polisie mag in Suidwes-Afrika optree.
Daan Beneke: … ons was toe oorgeplaas na die polisie toe … polisie uniform gedra … polisie wapens op die helikopters gehad …
V/O: Daar word na Ruacana gevlieg in los-formasie om geen agterdog te wek nie.
Op die grond volg Bedford-lorries met troepe
Daan Beneke: … ek kan onthou dat ons vreeslik koud geslaap het … daar was geen geriewe nie en moes ons in slaapsakke sommer so tussen die bosse slaap … ons is maar softies, ons is nie gewoond aan so slaap nie …
V/O: In totaal word agt-en-veertig man ontplooi.
Daan Beneke: … ons het kwart-voor-sewe het ons opgestyg … dit was omtrent eerste lig gewees.
Anton Klomp: … party het met trokke ingery … ons het met trokke ingery … maar die troepe self is met choppers ingevlieg … vir … vir die geveg …
Joos Cloete: … was een van die vlieëniers wat die Alouettes gevlieg het daarso … en die troepe ingevlieg het … om die waarheid te sê, ek was heel aan die agterent van die formasie gewees wat gevlieg het …
Daan Beneke: … en op die ses-en-twintigste Augustus, vroegoggend het ons met agt Alouettes opgestyg … en op ’n teken toe hulle oor die basis gaan het die voorste helikopter … (onduidelik) … ’n rooi fakkel afgevuur wat die teken was vir ons almal om ’n sirkel te vorm om die gebied en ons mense af te laai … en ek dink dis die eerste lugstorm operasie wat in die weermag, ná Korea, of in die hedendaagse weermag uitgevoer is …
V/O: Min weet die Suid-Afrikaners dat hulle informant, Die Majoor, ook met sy eerstydse makkers in kontak was.
Hulle verwag die aanval.
Johnny Otto Nankudhu: … I train my soldiers that South Africa is powerfull … when it arrived we have only a small sub-machine gun and some of this, ja … but if you see them … immediately … start to shoot together … you see when we shoot together …(maak geluid) … the sound … people will say that oh, this … very … this … a big gun here … (maak geluid) …
V/O: Die Suid-Afrikaners val aan vanuit helikopters. Die Swapovegters het net ’n beperkte aantal gewere, maar hulle gebruik wat hulle het.
Johnny Otto Nankudhu: … not me its myself … one of my soldiers … it’s is a old man, now he’s passed away … he shot … he got a arrow … say, that gentleman, he shot the bow and arrow to the man who drive the airoplane … not to the airoplane itself … to try whether he catch him with the bow and arrow …
Daan Beneke: … so in die stilhangvlug, voor landing, toe sien ek drie van hulle so regs van my met hierdie ronde PPS-8, ronde-magasyn gewere, masjiengewere, wat vuur na my. En ek het toe later uitgevind dat hulle opleiding was om altyd voor ’n helikopter … voor enige vliegtuig … te mik, maar ek dink nie hulle is geleer dat as ’n helikopter in ’n stilhangvlug is dat jy nie nog voor dit moet mik nie. En so het hulle ons gelukkig gemis.
Manie Visser: … volgens wat hulle kon vasstel, was dit 23 wat daar gewees het … toe was die instruksies dat die chopper vlieg oor en as hulle dan … as hulle terugskiet … as hulle uit die gat uit kom en hulle skiet terug, dan moet die choppers ons afgooi, lat ons op die grond kom … en wat toe ook gebeur het … hulle het toe uitgekom en begin skiet en toe gooi die choppers ons af grond toe …
Daan Beneke: … ek het maar redelik laag tussen die bome in gesak en vir die mense gewys … spring …
V/O: Soos beplan, het die helikopters omgedraai om versterkings te gaan haal.
Johnny Otto Nankudhu: … and South Africa go up the sky … when they go up the sky, I heard myself one of the commanders say … reinforcement, reinforcement …
Daan Beneke: … en toe het ons teruggegaan om te herbunker en nog mense te gaan kry … maar ek dink die grootste probleem was die navigasie weer terug na die basis toe, want daar’s geen verwysingspunte … enige hoë koppies of enige hoë hoë bome nie …
Johnny Otto Nankudhu: … and I told my soldiers there retreat … those people call in reinforcement … when they got reinforcement I count the helicopter …there was four … now they are eight … so let us disappear …
V/O: Om die versterkings te gaan haal en terug te kom was nie sonder probleme nie
Joos Cloete: … by Ruacana toe vind die ouens uit … maar, in die proses het iemand ’n gat deur die punt van my … een van die lemme … die rotors geskiet … maar nie ernstig nie … en ek is weer terug … dit was die moeilikste ding gewees … want ons het nie kaarte gehad van daai gedeelte nie … nou soek ons die plek, genade en die wat daai gedeelte van Suidwes ken sal weet, dis plat, baie plat en die bos is alles dieselfde. In elk geval, na ’n gesoek het ons die plek gekry, geland en toe het hulle uitgevind daar was sekere van die manne wat nie meer daar is nie …
V/O: Maar nie almal kon betyds wegkom nie.
Manie Visser: … ons het kontak gemaak, ja … inteendeel, ek was so naby gewees … hulle het so ’n sloot voor ek en Badenhorst geskiet dat net ons oë en tande geblink het, maar hulle het ons gelukkig nie raak geskiet nie …
Johnny Otto Nankudhu: … unfortunately there was a new trainer … they was captured … the … one two commanders … one was wounded, one was surrounded … and the other people escaped …
Manie Visser: … maar ons het hulle geskiet enm ons het ook die wat gewond was, saam Rooikop toe, jy weet, vervoer, per vliegtuig …
V/O: Die eerste gevangene het twee sinne aanhoudend herhaal: “I am Swapo and I will not talk. I know I am going to die for my country.”
Anton Klomp: … ek het die werk gedoen op die terroris … want hy het ’n skoot deur die bord, ek dink, een of twee … en, so ek het net die wonde toe gewerk en hom aan die lewe gehou tot drie-uur die middag, toe hulle hom afvoer met die chopper …
V/O: Johnny Nankudhu was een van die wat daardie dag weggekom het, maar Rooi Rus sou hom later wel gevange neem.
Teen dié tyd het hulle mekaar se name en reputasies geken en daar was een ding wat Johnny wou verstaan:
Johnny Otto Nankudhu: … Swanepoel was a commander of that operation we called Rooi Rus. When I meet him, when he capture me, I asked him: who put that mealie meal on my camp … he said I … why? Because I want to show my helicopter when they come to this field you are there. That was the white cross of the mealie meal, the sign of the boer.
V/O: Die basis is in minder as ’n half-uur ingeneem.
Twee insurgente is gedood en agt gevange geneem.
Volgens die Suid-Afrikaanse regering is alles in Suidwes-Afrika rustrig en onder beheer.
Die publiek sou baie later eers uitvind dat dit nie die volle waarheid was nie.
Asof soos ’n voorteken van die bloedige gevegte van die volgende drie dekades, is eerste minister Hendrik Verwoerd twee weke ná Ongulumbashe in die parlement vermoor.

![Reblog this post [with Zemanta]](http://img.zemanta.com/reblog_b.png?x-id=54fb87b5-5003-4205-b242-df10d2d5404e)
Have your say!