Episode 8: ’76: DIE BEGIN VAN DIE EINDE
‘n Onverwagte onttrekking uit Angola, en die begin van weerstand aan die tuisfront. Die CIA verloor die stryd in die Amerikaanse Kongres en die geldkrane word toegedraai.
In Suid-Afrika weier iemand vir die eerste keer om diensplig te doen, na die land in 1976 binnelands ontplof.

- Image via Wikipedia
Program teks:
Episode 8: ’76: DIE EINDE VAN DIE BEGIN
V/O: Voorheen in Grensoorlog:
Taakmag Zulu vat Brug 14, suid van Luanda, na ‘n opmars oor 3000 kilometer en weke van bloedige gevegte.
Joffel van der Westhuizen: Hoofdoel was om aanmars voort te sit. .………Nie vaagste benul dat terugtrekorder gaan kom……
V/O: Maar die soldate opereer in ‘n skemer wêreld van propaganda en geheimhouding:
OC John Stockwell: We were lying to the world and Congress.
V/O: En Swapo word deel van die prentjie.
Charles Namoloh: Angola now was an open terrain for all of us…gone to Angola… – to join Swapo and be trained.
TITEL: 1976: EINDE VAN DIE BEGIN
V/O: Taakmag Zulu is nie al Suid-Afrikaanse soldate in Angola aan die einde van 1975 nie. In die ooste van die land word veggroep X-Ray ingevlieg na Silva Porto, op pad na Luso. Veggroep Orange mars aan na Malanje om Luanda uit die ooste te bedreig.
Maar in die vergadersale van die wêreld woed ‘n ander stryd. Die reeds verslete gordyn van geheimhouding skeur finaal met ‘n aankondiging van die SAW op 17 Desember dat vier Suid-Afrikaners “in die operasionele gebied” gevange geneem is. Johan Potgieter het presies geweet waar dit was: Brug 14, 700 kilometer noord van die grens. Hy het gesien hoe die groepie rigting verloor en reg in die vyand se hande inry.
Johan Potgieter: … skaars week tevore groep tiffies selfde gedoen, in kubaanse stellings ingery, gevang. Ek het gesien deurteleskoop toe op berg – was snaaks – gelukkig hulle weer uitgelewer vir Kubane wat ons gevang het. Kon deur verkyker sien hoe ouens verby pantserkarre ry, vir ouens waai – tiffies het nie kaart/radio – kom net om te herwin. Toe stop hulle in vyandelike linie – vriendelik versoek om uit te klim … snaaks. Oorlog is snaaks.
V/O: Vir die Suid-Afrikaanse regering is dit alles behalwe snaaks. Op 18 Desember word 2 van die gevangenes in Lagos aan die pers gewys. Op 29 Desember hoor Suid-Afrika dat nog 3 soldate “in die operasionele gebied” dood is.
In Amerika veg die CIA om steun vir die anti-MPLA-poging te behou. Die Kongres en die Senaat neig al hoe meer in die teenoorgestelde rigting. Middel Desember stel Senator Dick Clark en twee kollegas ‘n amendement tot ‘n bestaande wet voor, wat alle verdere befondsing sal afsny. Pik Botha se vraagtekens oor Amerikaanse steun vir die oorlog word bevestig in gesprekke op Capitol Hill.
Pik Botha: Op hierdie manier het ek uitgekom by Harry Goldwater wat op stadium konseratiewe RP pres kandidaat was; Jesse Helms – daardie soort mense, wat konserwatiewe vriende van SA was. Goldwater reguit aangekyk en gese this Goddamned Kissinger declares wars all over the world our sons are sent there, they die, we never win a war. We are not going to support you.
V/O: John Stockwell was die hoof van die CIA se taakmag vir Angola.
John Stockwell: SA’s interest in Angola was their own interest to stop MPLA from gaining power, but at different level they were delighted to become involved with US, to seduce us to military involvement which they hoped would eventually trap us into situation where we would have to publicly support them militarily and their policies. US finessed this point, drew back. Gave up, accepted defeat rather than do that.
Chester Crocker: There was a change of policy in Washington,… congress was not interested in supporting, what you might call long-distance engagement in a subtle kind of proxy balancing warfare that Kissinger and Ford had launched.
V/O: Op 19 Desember 1975 aanvaar die Senaat die mosie wat die geldkraan toedraai. Drie weke later bevestig die Kongres dit. Vorster laat kom vir Pik Botha na sy vakansiehuis by Oubos vir ‘n noodvergadering.
Pik Botha: Die hele nag op die êrouplein het ek nou sit en argumente uitwerk, as’t ware teen MM en teen PW Botha oor waarom ons troepe onmiddlk moet terugtrek. …//…. daar het ons in sy sitkamer wat so op die see uitkyk, gesit, en hy het eerste aan woord gestel PW B. Ek was na alles maar ‘n ambassadeurtjie.
42:38 Tot my verbasing het PW toe gese, hy stel aan woord MM. Die het dadelik gese hulle reken troepe moet onttrek.
V/O: Die troepe in die veld aanvaar die nuwe opdrag met ‘n mate van sinisme.
Johan Potgieter: Skielike opdrag van onttrekking … het verwag so ‘n opdrag gaan kom. Radio’s: Voice of America op hoogte – SA politici terstond se daar is geen SA troepe in angola nie, sit ons in sentraal Angola, sien amper liggies van Luanda, weet het baklei dat die biesies bewe, en dan ontken hulle dit.
V/O: Die kabinet besluit om te wag vir die uitslag van ‘n vergadering van die Organisasie vir Afrika-Eenheid in middel Januarie in Addis Ababa, Ethiopië. Gaan hulle die MPLA erken as regering van Angola, of gaan hulle aandring op ‘n regering van nasionale eenheid met deelname van al drie partye, dus ook Unita en die FNLA? Die onttrekking uit Angola word tot stilstand gebring.
Johan Potgieter: …nadat ons onttrek het, nuwe opdragte nee nee nee nee, moenie onttrek nie… Dit was fout, gaan beset weer stellings, Nie moontlik nie – strome vlugtelinge, vyand het agtergekom onttrek! Goed, gaan dan net halfpad terug.
Joffel van der Westhuizen: My ergste getref: vlugtelinge, vroue met kinders. Mens raak gekondisioneerd, tot mate gehard. Kon nooit gehard raak teen lyding van burgerlikes nie. …. Die beeld wat nooit sal vergeet: ou vrou op haar kop kosbaarste besittings. Al wat sy gehad het.
V/O: Die OAE-bespreking loop uit op ‘n staking van stemme: 22 vir erkenning van die MPLA as regering, 22 vir ‘n regering van nasionale eenheid. Die vergadering gaan onbeslis uiteen.
Constand Viljoen: verleenth vir ons, … …. Hoe langer ons gewag het, hoe minder was kanse dat ons ons teenwoordigheid daar kon geheim hou.
V/O: Die kat is eintlik lankal uit die sak. Drie Suid-Afrikaners wat tydens Savannah gevang is, word by die OAE-vergadering geparadeer. Die res van die wêreld weet Suid-Afrika is betrokke. Op 14 Januarie besluit die kabinet die troepe moet onttrek.
Constand Viljoen: Was my onaangename taak om na Savimbi te vlieg en te vertel SA regering besluit ons moet onttrek. Vir hulle groot teleurstelling, want ons het formidabele vennootskap opgebou, kameraadskap, wou nie mekaar graag in steek laat nie, maar nou ja, as regering so besluit, is anders.
V/O: Die Suid-Afrikaners begin op 23 Januarie onttrek. Dit is vir baie soldate ‘n laagtepunt.
Johan Potgieter: Radioberigte onderskep dat Fapla/kubane 30km noord van Quibala gehalt in holderstebolder weghardloop. As mag sou gehad, kon Quibala beset, luanda bedreig het. Ek was luitenant. My werk om kanonne te skiet, nie my oordeel, maar was teleurgesteld – kon sien hoe jaag ouens weg, geen weerstand. Teleurgesteld dat nie opgevolg en finaal bloedneus gegee nie……. Troepe negatief – nas dienspligtiges wat Des moes uitklaar. Hd opdragte lank na Kersfees – hulle moes al by huis gewees het. … toe eindelik demob, moes vir 2 dae wag op SWA grens om magtiging te kry vir hd troepe om terug te kom SA toe. Kos opgeraak, troepe moes uitklaar – nou al einde Jan. Gestop duskant Gtfntn, moes wag tot donker sodat media nie skermunkels sien wat uit bos kom met Russiese lorries, groentelorries, dit lyk nie naasteby soos SA kolon nie, eerder soos invalsmag van OAE. ….
Eindelik 21 Feb Potch, amper 2 maande na moes uitklaar. Vir eerste keer as helde ontvang, nie as kriminele. ….Was toe alreeds nuwe jan inname by 4 veldregiment, en hierdie ou manne met skurwe baarde en fris bolywe, wat 15 jaar ouer lyk as jong rekrute … ontvang. Rekrute salueer, ou manne loop verby … tot laat middag brokkies ou manne en rowers gesit, groot oe, ou manne oorlogstories vertel, memento’s gewys … mooi gebaar.
ADVERTENSIES
V/O: In die loop van Februarie 1976, soos wat die Suid-Afrikaners onttrek, neem die MPLA weer beheer oor Lobita, Benguela, en Sa da Bandeira. Onder hulle vlerk, kry Swapo ‘n vastrapplek direk noord van die grens. Sommige kommentators sien Maart ‘76 as die werklike begin van die oorlog wat eers met Namibië se onafhanklikheid tot ‘n einde sou kom. Swapo-insurgensie oor die kaplyn begin nou in alle erns, wat beteken Suid-Afrika raak al hoe meer betrokke.
Unitaleier Jonas Savimbi het dit voorsien toe Constand Viljoen die nuus van die onttrekking aan hom oorgedra het.
Constand Viljoen: Natuurlik uiters teleurgesteld, maar gese ons sal mekaar ontmoet, en ons het. Nie lank daarna nie duidelik dat aanvanklike twyfel oor USSR, Kuba-geinspireerde oorname in Angola besig was om plaas te vind. SA regering toe besluit weer beperkte steun aan Unita te gee. ….
V/O: Terwyl internasionale politiek gebeure in Namibië en Angola bepaal, neem skoolkinders in Suid-Afrika sake in eie hande. Op ‘n koue winters- môre in Junie ‘76 bars opstand los in Soweto. Gou versprei dit landwyd. Die felheid van die protes en die heftige polisie reaksie skok die hele land. Binne die kerke ontstaan ‘n intense debat.
Sound up Alan Boesak….
VO: Anton van Niekerk was ‘n kapelaan in die weermag:
Anton van Niekerk: Was enkele figure in kerk wat ‘n belangrike rol speel – Tutu, Boesak, kardinaal, Frank Chikane, ens. Kerke self baie huiwerig om amptelik sterk standpte in te neem.
VO: Daar was ook vanuit christengeledere skerp reaksie téén gewetensbeswaardes.
Anton van Niekerk: SARK baie meer radikaal olv Beyers Naude, Tutu – dikwels standpunte wat heelwat verder gegaan het as wat deelnemende kerke bereid was om in te neem.
VO: Maar die golf van verset wat uit Soweto oor die hele land gespoel het, het wel hier en daar twyfel laat posvat.
Brett Myrdal: I was basically in Std. 9 then, at the time of 1976… …it was the first year of TV, and they made the mistake of broadcasting what the police were doing in the country at the time. And for the year that the country burned, those that wanted to, could see what was happening. And I saw what was happening, and I realised then that I wouldn’t be going into the SADF. And I would need to make some plans. What they were going to be, I’d no idea.
Peter Hathorn: ……it was just a couple of years after the 1976 uprising. And when I left school I’d already taken the decision that …… I wasn’t going to go into the army. …… And so I did a business degree because I felt that would give me a greater opportunities if I left the country, which I thought I probably would do.
VO: Onder Afrikaners was daar steeds min verset:
Anton van Niekerk: Afrikaanse kerke was volledig teen dienspligweiering. So sterk moontlik ontmoedig. Baie min Afr wat geweier het. Bly vir my geslag vraagteken oor ons. … … Sou ongelooflike omwenteling in lewe wees: of land moes verlaat, of 6 jaar tronk. Vir iemand aan begin van lewe geweldige ding.
Deon Opperman: In Std 9 kom die oproep papiere en jy moet onthou ek is grootgemaak soos meeste Afrikaners. Die Nasionale Party is die een waarvoor jy stem. Daar was moeilike engelse wat probeer kak veroorsaak in die land van hulle is kommuniste en van hulle wil alles weg vat wat ons het. So daar was nooit in my huis kwessies of was dit reg of verkeerd om army toe te gaan nie, dit was die natuurlike progressie.
VO: ‘n Besluit om die sisteem teen te staan, het dikwels uit ‘n persoonlike verhouding met swart landgenote gespruit. Anton Eberhart het reeds in 1970, onmiddellik na skool, 9 maande diensplig gedoen.
Anton Eberhard: It was in the Engineer’s Corps, based in Kroonstad, and then Bethlehem. We hardly ever left camp so it – we did things like learn to build Baley bridges, and fairly innocuous things like that.
VO: As student aan die Universiteit van Kaapstad het hy swart vriende gemaak, en dit het sy uitkyk ingrypend verander.
I remember one weekend, long weekend, I wanted to visit Vusi, my friend’s family, and they were in a black township in Mooi River, and so we wanted to take a train together. Of course first and second class were for whites. Blacks could only travel third class, so in order to travel together I travelled third class. But I had to be hidden, wrapped in a blanket on the top bunk to be prevented by being thrown off the train by the ticket conductor
VO: Na hulle studiejare het Anton en Vusi ‘n huis in Johannesburg gedeel. Die Soweto opstande het ook vir Anton sake op die spits gedryf.
Anton Eberhard: I remember the Rand Daily Mail newspaper headlines “Soweto burns”. And within a very short time the police had killed more than 200 school kids. And we were directly affected. We got involved – I think we would attend literacy classes at the time. ……because, obviously the whole schooling system collapsed that year. And then also helping some of the kids get out of the country. So a number then deciding to join the ANC, to join MK, and providing safe houses and transit routes for them.
Anton Eberhard: … in ’77 we had the banning of all the black consciousness movements. My friend was Vusi was then also detained at that time. And that’s when I got my first call-up for an army camp. It was early ’77. And in that context then, it seemed impossible that I could then face my friends in uniform…… So it seemed an obvious choice not to go. The question then was to evade, which I didn’t want to do, to be in that kind of twilight life, so you would always be having to change addresses. I didn’t want to go into exile. And so the only other option seemed to be refuse. So I wrote a letter to my commanding officer telling him that I wasn’t going to come. I said “I acknowledge receipt of your call-up papers, but for reasons of conscience I am unable to attend. I have given the matter much thought and am fully aware of the consequences of refusing. …… It is my belief that the present government has no right to remain in power, and any organisation which enables it to do so cannot be supported”.
Then nothing happened for quite some months. I thought, luckily I had got away with it, but then the military police did arrive on my doorstep about six months later…
ADVERTENSIES
VO: Die enigste mense wat destyds diensplig geweier het, was Jehova-getuies, en almal het geweet wat die gevolge was.
Tienie du Plessis: Baie outjies was baie bang om diensplig te weier, hoor, want daar het van daai ouens in die tronk gesit – in die D.B. gesit…… om vir twee jaar in die tronk te sit, selfs al is dit net D.B., en selfs al kan hulle jou nie dwing om die vloer te vee of om die perskebome te gaan water lei nie, jy weet jy moet tog oortuig wees, dat jy gaan twee jaar daar sit, hoor.
VO: Anton Eberhard was die eerste gewetensbeswaarde wie se dryfveer polities van aard was. Met sy verhoor het hy geen georganiseerde ondersteuning gehad nie.
Anton Eberhard: It was in a magistrate’s court. Certainly my family was there. My parents, my sister, accompanied me. ……it was pretty much a clear case in law…I wasn’t going to go and I think the magistrate had to give a particular sentence. I guess the only unusual thing was that 10 months of that sentence was suspended…. …I was then taken by military police, by train, from Port Elizabeth up to Voortrekkerhoogte in Pretoria, which – I was chained. I was handcuffed to the bunk that whole journey, which, for the first time I realised I was now incarcerated in some way.
VO: By militêre basisse is mense aangehou in detensiebarakke, algemeen bekend as die DB.
Tienie du Plessis: … en dis ‘n plek wat geblink het, jy weet. Die ouens daar, kyk as jy in daai D.B. is, dan het jy gebars! Maar daar was baie outjies, Jehova Getuies, wat by die hek gesit het, en ons het met die Bedford gestop en hulle gevra om die hek oop te maak, en die een outjie het vir ons gese: “Ek maak nie ‘n hek voor ‘n militere voertuig oop nie”… Ek het baie respek vir daai ouens, want hulle het swaar gekry, dink ek.
Anton Eberhard: It wasn’t a pleasant place to be because the whole – I think the whole philosophy of detention barracks is to impose verbal and physical abuse. So it’s there for people who have either been on AWOL or have committed some other crime or disobeyed orders in some way. So the military system hasn’t been able to deal with them, so they end up in detention barracks. So the whole philosophy is verbal abuse, shouting. Physical abuse, getting people to do punishment drills with heavy packs, etc.
… …It was also vice versa, so there were two break outs. Very violent break outs when I was there, of pick handles being smuggled into the cells and when being opened up in the morning, military police being beaten unconscious.
VO: Anton Eberhard voel nie dat hy besonder swaar gekry het in vergelyking met van sy tydgenote nie.
Anton Eberhard: There was a period when the military intelligence and the security branch came to see me a number of times because, as I say, my friend Vusi was detained at the equivalent period, for other reasons, was in the Johannesburg fort, and immediately after those interviews I was again in solitary for short periods. But never did they take my books away. So, I must say it was also a relatively short period. So I think I got off quite lightly. Certainly compared to the people who then came after me. So, Peter Mole, Richard Steel had much longer periods – Billy Paddock, Charles Yates
VO: Anton was die eerste politieke weieraar. Mettertyd het hulle meer geword en ‘n ondersteuningsgroep het ontstaan.
Anton Eberhard: I was ’77, Peter was ’79, I think Richard Steel 1980. And then you started seeing something of the movement growing around this conscientious objector’s support group was formally constituted. …… We ran a counselling service for conscripts who were faced with call-ups and advised them on their various options from refusing, what were the consequences of jail.
VO: Die vriendskap tussen twee jong mans, een wit en een swart, was dus die saad waaruit ‘n hele veldtog sou groei – een wat ‘n doring in die vlees van die owerhede sou word.
Brett Myrdal: At one stage Magnus Malan said that the South African apartheid government faced four threats. First, the South Africa Communist Party; second, Umkhonto weSizwe; third, the ANC; then fourth the End Conscription Campaign. And when he said that we knew we were doing something right.
FADE TO BLACK IN BETWEEN…
Volgende week in Grensoorlog:
Gennady Dunaev: It is not military … it is something else … it is medieval …
Charles Namoloh: Its not professional. A professional soldier, you fight … if someone is killed you honour even if they are dead.
Jan Breytenbach: Ek is ’n professionele soldaat – ek het nie geveg vir volk en vaderland nie – laat ek nou maar ’n bekentenis maak, want ek het nie nie altyd met volk en vaderland saamgestem nie … ek wou die beste eenheid hê, nie in die land nie, maar in die wêreld …
![Reblog this post [with Zemanta]](http://img.zemanta.com/reblog_b.png?x-id=a41c2f3a-5121-488e-981e-7ac24abb9058)
Buy:Prednisolone.Human Growth Hormone.Zovirax.Zyban.Lumigan.Accutane.Prevacid.Actos.Retin-A.Petcam (Metacam) Oral Suspension.Arimidex.Nexium.100% Pure Okinawan Coral Calcium.Valtrex.Synthroid.Mega Hoodia….
21 July 2010 at 3:45 am