Die Grensoorlog DVD is nou beskikbaar.
Home » Cat test 2

Episode 5: MAGSPEL IN ANGOLA

admin 13 December 2009 Cat test 2 271 views No Comment

Hoe beland ‘n man van die Kaapse vlakte in die Kubaanse weermag in Angola?

November 1975. Angola word onafhanklik. Burgeroorlog breek uit. Amerika, die Sowjet-Unie, Kuba en Suid-Afrika raak betrokke – veral vir lg twee die begin van ‘n uitgerekte stryd. Ons kry perspektiewe van genls. Jannie Geldenhuys en Constand Viljoen, Amerikaanse onderhandelaar Chester Crocker, vorige Russiese president Michael Gorbachev, oud-min. Pik Botha en Swapo se Charles Namoloh. ‘n Suid-Afrikaans-geleide taakmag beweeg 3 000 km deur suid-Angola in 33 dae. Ons sien die bloedige gevegte by die dorpie Ebo deur die oë van soldate en bevelvoerders wat daar was.

Program teks:

Episode 5: MAGSPEL IN ANGOLA
Voorheen in Grensoorlog:

Jong Constand Viljoen: … SA sal moet staal om teengedugte vyand – kommuniste en Russiese ekspansionisme – te veg.

Charles Namoloh : Communists supported our cause … not that we only wanted to go to them, but they were willing to help us.

TITEL: MAGSPEL IN ANGOLA

V/O: Die Ruacana waterskema wat die Calueque-dam ingesluit het, was ’n omvangryke projek wat biljoene Suid-Afrikaanse rand opgeslurp het.

Met die val van die Portugese koloniale bestel in Angola, was Suid-Afrika bekommerd oor sy belegging net noord van die grens.

Sound up PW Botha: … Ovambo se mense en hulle diere … Suid-Afrikaanse kapitaal is by Ruacana se hidro-elektrtiese skema betrokke …

V/O: Die beskerming van hierdie skema is aan Suid-Afrikaners voorgehou as die rede vir militêre ingryping in Angola.

Maar agter die skerms was ’n groter magspel aan die ontwikkel …

(Beat)

V/O: November 1975.

Die onafhanklikheidstryd in Angola bereik kookpunt.

Volgens ’n ooreenkoms in die Portugese dorpie Alvor moes die drie bevrydingsorganisasies in die land ’n regering van nasionale eenheid vorm totdat ’n verkiesing gehou kon word … maar dit was wensdenkery.

Teen die einde van daardie jaar is hulle in ’n titaniese stryd gewikkel.

Die FNLA is in die Noorde gesetel, UNITA in die suide en ooste, en die MPLA in die sentrale strook.

Jannie Geldenhuys: … die hoofstad baie belangrik … die MPLA het steun gehad in Luanda;… en … eeh … eintlik het FNLA die wyk geneem, die bos in, na die noorde toe … en UNITA het die wyk geneem, ooste en suide toe … en … maar op daai stadium was daar alreeds Sowjet kontak met die MPLA …alle lande moes toe eintlik nou kies … watter perd gaan wie nou kies.

Michael Gorbachev: … aan die een kant was daar die VSA, aan die ander kant die Sowjet-Unie …dit was waaroor die Koue Oorlog gegaan het … konflik het gewoed langs alle lentegrade en alle breedtegrade …

V/O: Die Sowjet-Unie het met Kuba saamgewerk. Die VSA het met Suid-Afrika kontak gemaak.

John Stockwell: in Sept, Cubans brought in 700 regular army troops, not advisers.

In Oct we brought in SA armoured column. Cubans responded by establishing bridge and brought in what eventually totaled 40 000 troops with tanks and jets and everything.

Chester Crocker: … I think that Fidel Castro was one of the great Robin Hood’s of the 20th century who would much rather play on a bigger stage than the island of Cuba …but his African calling was based, in part, on experiences earlier in the Congo, now DRC … in the early and mid 60’s, and then later in Brazzaville Congo, which, of course, is where the MPLA hung out when they were not yet in office.

V/O: Ronald Herbolt was ’n Kapenaar van geboorte. Hy het op Safmarine se skepe gewerk, en so in Kuba beland. Daar het hy met ’n plaaslike meisie getrou en deel geword van Fidel Castro se rebelle watdie Batista- diktatorskap omver gewerp het. Hy het die gees van die tyd intens ervaar.

Ronald Herbolt: … you heard about Che? … Che Guevara? … he was one of the first to inspire the international sympathy towards other countries … to fight for their struggles, and there were a lot of people who wanted to be like him, it’s like a … a drug … it becomes a drug …

V/O: Hy sou uiteindelik as Kubaanse burger saam met die MPLA in Angola veg.

Ronald Herbolt: … you know, I had a brother in the South African Defence Force … and I love him … I didn’t got to fight against him. I fought against an invading force in a foreign country that was not theirs.

V/O: Almal het kant gekies: Kuba, China, die Sowjet-Unie, Suid-Afrika, en Amerika.

Chester Crocker: … the motivation, from the American standpoint, was that this was a competitive world and we were not going to allow Soviet proxies a free ride if we could help it… and therefore we have to raise the ante, we have to raise the price for the other side and indicate that we would like to see a negotiated outcome … power-sharing of some form between the different Angolan rebel movements. That was the policy … it didn’t work, but that was the policy in ’75 / ’76.

Jannie Geldenhuys: … die VSA … hulle keuse van die drie was eintlik die FNLA gewees,… dit was hulle babatjie gewees … en ek weet hulle het met die CIA kontak gehad vanaf Angola af met die VSA … nou jy weet, dis baie moeilik om te sê of dit nou die Amerikaanse regering was, want die CIA is nie die Amerikaanse regering nie …

V/O: Dit was die CIA wat betrokke was. John Stockwell was die hoof van hulle taakspan in Angola.

John Stockwell: We were lying to the world and congress about what we were doing in Angola..

V/O: Hoewel die president en veral die minister van Buitelandse Sake, Henry Kissinger, die CIA se betrokkenheid gesteun het, sou die Kongres dit binne enkele maande kelder.

Suid-Afrika wou die suide van Angola in die hande van ’n bondgenoot hou, en dit moeilik maak vir SWAPO om Namibië daarvandaan binne te kom. Hulle was reg – daar was ‘n gevaar. Charles Namoloh, nou Namibië se minister van verdediging, was een van die eerste Swapovegters.

Charles Namoloh: Angola now was an open terreain for all of us…10th of June…1974…company of my colleagues…gone to Angola…first group which went…

Tenth of June…then it was only a month after the coup in Portugal…rpessure…take opportunity – to train and join Swapo…

V/O: Die Suid-Afrikaanse regering was oortuig dat hulle Amerikaanse steun sou kry. Pik Botha, toe ambassadeur in die VSA, het vir die eerste minister, John Vorster, gesê hy dink nie dit gaan gebeur nie.

Pik Botha: … toe was sy reaksie, maar Pik, ek het dit van die hoogste vlak af … wat beteken die president van Amerika. Dit is die hoogste vlak. Ek kon dit nie glo nie en ek sê toe vir hom, meneer, ek weet wat hier aangaan in Washington. Hier is geweldig teenstand teen wat ons doen. Toe’s sy woorde Pik, ek dink jy moet ’n bietjie na die Amerikaanse senaat en kongres toe gaan en gaan uitvind en jou huiswerk beter doen …

V/O: John Vorster het nie sy oortuiging uit die lug gegryp nie.

Constand Viljoen: …en ek het een aand … het ek gevlieg na Ambriz toe om met meneer Holden Roberto te gesels … en onder andere ook oor hierdie aanval wat hulle wou gedoen het in Luanda. En dié aand het ek in Ambriz Amerikaanse mense van die CIA ontmoet. En … toe’t hy vir my gesê dat ek moet asseblief vir hulle baie dringend sê wat is nodig … uitrustingsgewyse … wat is die standaarde wat bereik is met opleiding van UNITA … en die FNLA ensovoorts … en watter hulp is verder nodig om die idee wat nou al so ver gevorder het, suksesvol deur te voer.

Chester Crocker: … the South Africans were ready and willing … and we did everything we could to encourage that frame of mind …

Constand Viljoen: … Savimbi vir ons gevra… help my om myself in suide te kan handhaaf, sodat as kom by die oplossing van ’n … regering van nasionale eenheid … ons in staat sal wees om deel te neem aan daardie. Holden Roberto het ons gevra … help ons asseblief in die noorde … en dit is op grond daarvan dat ons ’n plan saamgestel het en aan die regering voorgelê het en die regering het dit goedgekeur …

V/O: Daardie plan vir die ondersteuning van die FNLA en UNITA sou lei tot operasies in die noorde en suide van Angola. Dit kry ’n kodenaam: Operasie Savannah.

Die samewerking met Holden Roberto se FNLA teen die noordelike kus is ’n verhaal op sy eie.

In die suide word die eerste Suid-Afrikaanse wapens, ammunisie en ander voorrade reeds in September van Rundu af na Silva Porto gevlieg, meer as 600 kilometer noord van die grens.

Dit is die begin.

In Oktober steek Taakmag Zulu die grens by Cuangar oor. Dit bestaan uit twee veggroepe van onderskeidelik FNLA- en Boesmansoldate, onder Suid-Afrikaanse bevel. Hulle sou later onderskeidelik 32 en 31 Battaljon word. Nóú dra almal FNLA uniforms, almal praat Engels, en hulle beweeg in ’n versameling voertuie … waaronder groentelorries. Dit is die vreemdste groepering in die geskiedenis van die SAW.

Jan Breytenbach: … ons het te make met vreemdelinge wat niks te make het met Suid-Afrika nie … (onduidelik) … dit was eintlik meer soos ’n “Vreemde Legioen” situasie … hulle het geen heenkome gehad nie … die enigste heenkome was by my. Maar as jy hom heenkome gee, moet hy sy kant bring … ek het ook so vir hulle gesê toe hulle uitkom uit Angola uit … ek het vir hulle gesê ek weet julle kom van verskillende stamme af … ek sê maar hierso het ons net een stam, dis 32 Bataljon en ek is die chief van daai stam …

Delville Linford: … nou die flechas … hulle was … hulle was, aanvanklik het hulle by die Portugese inligtingsdiens aangesluit as spoorsnyers … die flechas moet ’n ou nou mooi verstaan, dit is die !Kung-boesmans uit Angola uit. Maar hulle het ’n tweede groep gehad en dit was die Barakwenas, nou Kwê genoem word, wat uit Caprivi uit kom. En daai twee groepe het saam Veggroep Alpha uitgemaak, wat later van tyd … maar baie later van tyd … 31 Bataljon geword het.

V/O: Die Suid-Afrikaanse publiek weet van niks, maar militêre geskiedenis word gemaak. Taakmag Zulu onder kolonel Koos van Heerden neem meer as 3000 kilometer grondgebied in besit in net 33 dae. Hulle is betrokke is 14 volskaalse gevegte en 21 skermutselings.

Intussen verdedig kommandant Eddie Webb en veggroep Foxbat, bestaande uit UNITA-soldate, die gebied rondom Nova Lisboa. Suid-Afrikaanse staande mag-lede lei die troepe op, maar in die grootste geheimhouding. Herman van Niekerk se tuisbasis was 14 Veldregiment in Potchefstroom.

Herman van Niekerk: … ons moes onsself daar voorhou as Amerikaanse huursoldate. Ons moes na ons huis verwys het as die States … synde dan nou die United States … omdat ons dan nou kwansuis Amerikaners sou wes. Ek dink nie enigiemand het dit geglo nie…

V/O: Ook hulle is in byna daaglikse gevegte betrokke om die MPLA-magte terug te dryf.

Vroeg November ontmoet die twee groepe mekaar in Lobito teen die kus. Oral langs die pad het hulle Kubane teengekom wat saam met die MPLA veg.

Joffel van der Westhuizen: … sigbaarste was die Kubaanse krygsgevangenes wat ons gekry het … ’n klomp van hulle gevang (onduidelik) … ’n ander ding was die Russiese wapentuig. Die taal … ons het baie van hul radio-gesprekke onderskep … ons kon hoor dat dit is Kubaans wat gepraat is … Russies selfs … daar was glo van die offisiere gewees wat die tale magtig was …

V/O: Tussen die Kubane het Ronald Herbolt se Kaapse agtergrond goed te pas gekom.

Ronald Herbolt: … I could intercept messages, I would translate messages … I was one of most important persons in that area because of the Afrikaans ability.

Chester Crocker: … the Cubans had been ferrying – ferrying themselves and bringing support to bear on behalf of their MPLA allies from early in 1975, from the fall of ’74 early ’75 …

V/O: In Havana het jong mans tougestaan om by die weermag aan te sluit.

Ronald Herbolt: … I went there to the recruiting office at 2 o clock in the morning. … the street, the whole block was full of kids … ranging from 15 16 17 years old … to be recruited … they wanted to go …

V/O: In sy verwoede dryf na die noorde het die Suid-Afrikaanse taakmag tot op ’n dorpie met die naam Cela gevorder. Vandaar was daar twee roetes verder noord: oor wat hulle genoem het Brug 14, of meer na die weste.

Brug 14 was deur die vyand vernietig.

’n Alternatiewe roete het deur die dorpie Ebo gelei.

’n Eerste verkenningstog het op ’n verwoede geveg uitgeloop waarvandaan hulle beswaarlik almal teruggekom het tot op Cela.

Net ’n paar dae later het die groepsbevelvoerder, kaptein Johan Holm, kom sê hulle gaan die roete nog ’n keer probeer.

Herman van Niekerk: … maar, Johan het op daai stadium met ’n Honda karretjie gery … so ’n voorwielaangedrewe 1200 Hondatjie … ’n oranje karretjie wat hulle groen kolle op geverf het … maar dit reën … en dis belangrik om te sê dat dit gereën het op daai stadium. En ons ry trompop in hierdie konvooi vas … ek is nie seker wie was die meeste verbaas, hulle of ons nie. Maar in hierdie reën en sulke goeters, vind daar toe ’n redelike vuurgeveg plaas en ons buit die voertuie … en ons skiet twee Kubane dood. Jong outjies … so oud soos ek. En dit is toe die eerste Kubane wat doodgeskiet is waarvan ons liggame het en paspoorte het …

V/O: Middel November 1975 neem George Kruys bevel van Foxbat oor.

’n Paar dae na Holm se verkenningspoging, probeer hy met ’n veggroep deur Ebo noord beweeg.

George Kruys: … en al wat ons in gehardloop het was modder, modder en nog modder … so die hele dag het ons in hierdie modder rondgeploeg. Dit was so erg dat toe ek sê OK, dit kan nie werk nie, ons moet maar draai, kom ons gaan huistoe en kry ’n beter roete as dit … dat ons trokke van die pad af moes stoot … jy weet, groentetrokke waarin die infanterie gery het … so, met ander woorde … die einde van daai dag, daar kom ons nou weer terug in Cela en ons het eintlik niks gevorder nie …

V/O: Die volgende dag, 18 November, probeer hulle weer.

George Kruys: … en nou staan ek op die pantserkar en ek kyk na die mooi terrein en ek kyk so deur my verkyker en ek sê toe vir myself “today is the day”. Ons gaan hierdie vyand opfrommel. Ek kan nog onthou dat ek in my gedagtes gedink het … het verwys na general George Patton … “Rommel, I’ve read your book”. En op daai stadium toe kom daar wolke oor … ’n groot wolk kom bo ons en hy gooi toe emmers water oor ons uit. Soveel so dat ek nie op daai pantserkar kon bly staan nie. Ek het toe uitgeklim, my radiostel gevat hatch toe gemaak. Tot Jeeps, wat ligte voertuie is, wat in die middel van hierdie grondpad gestaan het,. het op hulle eie, sonder om te ry, net so gegly in die dongas in. So, dit was ongelooflik … ek het nog nooit in my lewe sulke reën gesien nie …

V/O: Eers teen twee uur die volgende oggend is almal by die nuwe kamp en redelik beskut.

Die volgende dag is hulle besig om ’n brug oor ’n kleiner rivier te bou toe ’n vyandelike vliegtuig oor hulle vlieg.

George Kruys: … toe rapporteer ek aan Twee Militêre Gebied dat hierdie vyand het nou gesien … presies waar ons nou is op hierdie pad … hy weet waar ons voertuie is, hy weet in watter rigting ons gaan beweeg … so as hy nie vir ons wag nie, dan is hy … jy weet … hy ken nie oorlogvoering nie.

V/O: Ten spyte van die gevaar, besluit die bevelvoerende offisier hulle moet voortgaan.

George Kruys: … maar wat ons op hierdie stadium nie geweet het nie … dis nou die Kubane … hulle het ’n waardering gedoen na aanleiding van daai vliegtuig wat oor gekom het… van waar ons gaan ry, hulle het elke posisie bepaal. Ek meen, as jy nou na so iets kyk weet jy mos nou waar gaan jy moontlik jou stellings inneem en waar gaan jy jou ondersteuningswapens sit … en daai plekke het hulle geregistreer as teikens …

V/O: Vroeg die volgende oggend beweeg hulle deur Ebo, sonder enige teenstand.

Herman van Niekerk: … die euforie van hierdie maklike oorwinning was te groot gewees vir die mense wat die besluite geneem het daar … en hulle besluit toe ons moet verder gaan. En ek sê nee, ons kan nie verder nie, want ek het gesien hoe lyk daai pad … en ek weet hoe dit daar lyk, maar op daardie stadium wat die pantserkarre reeds af in die pad …

V/O: ’n Verkenningsvliegtuig laat hulle weet dat die vyand net anderkant die dorpie vir hulle wag. Holm en Kruys beraadslaag.

George Kruys: … die ding waarvoor ek my altyd nog skop … miskien moes ek vir hom gesê het … man, stop. Maar wat herwaardeer jy? Tot nou toe het dit altyd gewerk. Vir 2000 … vir ’n 1000 km in amper 3 maande. So, ek sê toe vir hom … ons moet seker maar voortgaan …

V/O: Kort daarna breek chaos uit.

George Kruys: … luitenant du Toit het deur lt Schoeman se groep beweeg … hulle skiet toe sy pantserkar raak by die brug en die ding gly toe so in die donga in … sover ek kan onthou is twee pantserkarre uitgeskiet … die volgende pantserkar … ’n korporaal wat hom beheer het … ook uitgeskiet … en toe, daarna sit almal in die modder vas. Ek het toe vorentoe beweeg om met kaptein Holm te praat … nou vir die eerste keer het ons BM21s op hierdie front gesien … dis nou die “rooi oog” …

Herman van Niekerk: … en toe het hulle begin om ons met BM21s te skiet … en hulle het twee banke … ’n bank is … wat … 40 vuurpyle … het hulle op ons stellings afgeskiet …nou in daai proses, toe skiet hulle omtrent my hele mortier peleton dood en hulle wis omtrent Stasie se mortier peleton uit. En … uhm … daar’s nog pantser ouens wat terug kom van die pantser karre wat vorentoe in die pad seer gekry het, wat raak geskiet is, wat ons moet terug neem. Maar ek het niks oorgekom nie en drie van my mortier peleton se troepe het niks oorgekom nie so ons gaan aan …

ADVERTENSIES

George Kruys: … so hier het ’n klomp wapens bygekom wat ook my ondergeskiktes nie voorheen vir my kon van vertel nie … en toe ek met hom praat … nou staan ons langs mekaar in twee pantserkarre … en die skrapnel gaan so wrr-wrr-wrr hier verby ons koppe … en toe sê hy vir my, OK, hy gaan nou verder probeer om hierdie mense uit te kry …

Herman van Niekerk: … en toe stop Johan Holm in sy pantserkar agter my … agter die Honda … en hy roep my. En ek draai om en ek stap na hom toe. En toe ek so gelyk met die agterwiel van die Honda kom, toe skiet hulle weer met die BM21s … en een van die vuurpyle val net so voor die Honda … en die vuurpyl se verskerwing het toe gemaak dat ek raak geskiet is, dat Johan Holm gedood is en dat Taljaardt … op daai stadium gewond … maar noodlottig gewond is.

V/O: Herman het terug gery in die geveg in om Taljaard te gaan haal … ’n aksie waarvoor hy ’n Honoris Crux gekry het … maar dit was te laat.

Uiteindelik terug op Cela doen George Kruys verslag oor alles wat gebeur het: nuwe wapens in die veld, ander taktiek van ’n baie meer georganiseerde vyand … maar hy en sy manne kry skaars kans om asem te skep.

George Kruys: … en die 24ste … die 25ste … toe sê hulle vir my … vandag … 13h00 … dan trek jy uit hierdie stelling uit en jy gaan weer Ebo toe. Nou, dit mag wees dat dit was gegaan oor beweeglikheid, dit mag wees dat hulle gedink het dat hierdie veggroep is soos ou wat van ’n perd afgeval het nou moet jy hom so gou as moontlik weer ingooi. Ek sê toe maar, jy weet, my pantserkarre is nie opgebom nie … uhm … die administrasie, die logistiek is nie gedoen nie … is julle ernstig? Nee, jy moet ry… 13h00 …toe ry ons …

V/O: Hulle vind ’n ander, kleiner pad, en ’n brug wat heel is, maar nie sterk genoeg om swaar voertuie te dra nie. Die gebied is ook gemyn.

(Beat)

Na nog ’n nag in die reën, en nog ’n paar opdragte en teenopdragte, is die roete oor Ebo eindelik laat vaar, en almal het teruggetrek in die rigting van Cela.

Dertig jaar later lyk die onttrekking by Ebo vir Herman van Niekerk na ’n deurslaggewende oomblik.

Herman van Niekerk: … as ons nie by Ebo onttrek het nie,as ons Ebo gehou het, ons het nie onttrek nie … sou dinge baie anders verloop het … heeltemal. Die feit dat ons uit Ebo onttrek het … ons kon nooit weer teruggaan nie … ons kon nooit weer daardie lyn bereik het nie … nooit ooit weer nie … ons het vir vyand als gegee om te konsolideer … dit het sy moraal ’n baie groot boost gegee …

V/O: In die hitte van die oomblik was Ebo net nog ’n struikelblok op die lang pad na die Noorde. Toe hulle nie daar kon deur nie, het almal teruggetrek tot by die vernietigde Brug 14, in die bek van ’n goed-ingegrawe vyand.

Op een of ander manier sou hulle die rivier moes oor.

Volgende week in Grensoorlog: ingenieurs bou ‘n brug onder verwoede vuur, en honderde soldate sneuwel in die Afrikabos.

PROMO

Hierdie week in Grensoorlog…

John Stockwell: We were lying to the world and congress about what we were doing in Angola..

Chester Crocker: … the South Africans were ready and willing … and we did everything we could to encourage that frame of mind …

George Kruys: nou staan ons langs mekaar in twee pantserkarre … en die skrapnel gaan so wrr-wrr-wrr hier verby ons koppe …

Reblog this post [with Zemanta]

Have your say!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>