Episode 2: TWEE WÊRELDE
Terwyl wit Suid-Afrika apartheid teen die agtergrond van die Koue Oorlog steun en agtienjariges diensplig sonder vrae aanvaar, dra Radio Freedom die boodskap van die vryheidstryd na jongmense in Namibië. Ook hulle neem die wapen op, en gaan van die platteland van Ovambo na sneeubedekte Moskou vir opleiding. ‘n Guerilla-oorlog begin. Ons skets die twee wêrelde waaruit soldate in teenoorstaande magte in die Grensoorlog kom.
Program teks:
Episode 2: TWEE WÊRELDE
V/O: Voorheen in Grensoorlog:
Helao Shityuwete: … in the early sixties, it is now many people started asking questions as to why are we still pusuing passive politics, when the system is brutalising us?
Johnny Otto Nankudhu: I think the total of the training camps we established it was five … four and Ombulumbashe was the fifth. When I were … the time I got to Omgulumbashe I was already trainning 92 soldiers.
Daan Beneke: … daar was geen geriewe nie en moes ons in slaapsakke sommer so tussen die bosse slaap … ons is maar softies, ons is nie gewoond aan so slaap nie …
TITEL: TWEE WÊRELDE
V/O: In Augustus 1966, by Ongulumbashe, net suid van die Angolagrens, bots Suid-Afrikaanse veiligheidsmagte vir die eerste keer met SWAPO-vegters.
Die volgende dag berig die Die Burger dat “alles na die aanval in Owamboland onder beheer is”. Swapo se hoofkantoor, aan die ander kant, verklaar dat hulle geen ander keuse het as om hulle tot gewapende stryd te wend nie. En statistieke vanaf 1966 tot 74 skets ‘n duidelike prentjie: Swapovegters, destyds in Suid-Afrika eenvoudig bekend as “terroriste” probeer in al groter getalle die grens oorsteek.
Met PW Botha as Minister van Verdediging soek die Suid-Afrikaanse regering ‘n militêre oplossing vir die beveiliging van die grens. In 1974 word wetgewing aanvaar wat die verantwoordelikheid vir grensbeskerming van die Polisie af na die Weermag oordra.
Tertius Jordaan: Toe ek grootgeword het en op skool het ek geglo daar is ‘n gevaar wat die Russe op daai stadium en die Kubane was – en Swapo wat ondersteun is deur hulle… dit was die Koue Oorlog teen Amerika en Rusland en ons het gevoel dis abosluut die regte ding om te doe nom ons land te beskerm teen die kommunisme…
…ek dink dit laat baie mense saamstaan as hulle weet daar is ‘n visuele vyand waarteen jy moet veg…dit was ‘n goeie gevoel gewees…
…daar was mense gewees wat oorsee gegaan het om weermag vry te spring…en vir die meeste van die mense was dit ‘n verkeerde ding, ons het gevoel hulle moet ook help om ons land te beskerm..
V/O: In Namibië was daar ook ‘n gemeenskaplike oortuiging aan die opbou.
Charles Namolo: You know what motivated people, the 1960 independencies – the independences of Ghana – the indepence of Congo …
V/O: Sy pa het dikwels met hom hieroor gesels.
Charles Namoloh: 1959 when I was nine years old… he has been telling me – we were listening to the radio – he had always a radio…and were listening to Africa radio, he had always a radio…
Sound up Radio Freedom…
Charles Namoloh: … and I think he was tuning into Congo – and he told me these people are singing happily because they are free.
V/O: Vanuit wit Suid-Afrika het dieselfde prentjie heeltemal anders gelyk.
Pik Botha
Om terug te keer na SWA in 74 75. Konsep oor eeue: SA regeer SWA. Port regeer Mosambiek en Angola. Brit regeer Betsjoeanaland, nou Botswana, Lesotho, Swaziland, Njassaland (Malawi), Tanganjika, Noord Rhodesie. hele suide portugees, Brits, SA. Regerings en gesagsposisie wat paar eeue geduur het. Mense het gedink vir altyd, maar het nie. … … Vrees was – onthou soos gister hoe in parl gese is julle moet PB keer hy onderhandel met hierdie blikskottels en netnou is hulle oor Kunene en dan moet ons veg op Oranje.
V/O: In die konteks van die tyd bevraagteken min dienspligtiges die nodigheid van militêre opleiding en diens:
Tertius Jordaan 01:18:19:00
Toe ons weermag opgeroep is was daar nie ‘n kwessie van was dit reg of verkeerd, ons was nie betrokke by al die politeik en wat agter die skemrs plaasvind nie, as ek vandag daaraaan terugdink ek sou miskien vir die generals wou gevra het, hoeveel goed was daar waarvan ons nie geweet het nie…was dit net ‘n kwessie van om soos ek sê die Rooi Gevaar uit die land uit te hou, of het dit gegaan oor enigiets waaroor ons nie geweet nie…
V/O: Binnelands neem opposisie teen apartheid al hoe meer toe, maar wit Suid-Afrikaners staan steeds grotendeels agter die NP-regering.
Pik Botha: … ek is soms net hartseer dat persepsie bestaan dat daar was ‘n kabinet en regering wat al die goed aangevang het wat ons gedoen het. Dit was nie waar nie. Daar was elke jaar ‘n kongres in elke provinsie, waar elkeen in daardie provinsie, al die takke, byeengekom – In Tvl van Nelspruit tot Mussina tot Christiana, elke kiesafdeling, en hulle druk die regering, hulle se die regering is nie kras genoeg nie, hulle wil aandklokreels teen swartes he, hulle wil sterker maatreels he, en dit word gesteun!
V/O: In die verkiesing van November 1977 kry die Nasionale Party amper twee derdes van die stemme.
Intussen het die Algemene Vergadering van die VVO in Desember 1973 verklaar dat Swapo die “sole authentic representative of the Namibian people” is. Suid-Afrika skop vas, al sit min afgevaardigdes stil om dit te hoor.
Sound up … we will protect and safeguard what is ours…
V/O: Van die ander kant af kom ewe vurige retoriek.
Sound up … we will not submit, we will hit back by all means in our power!!!!
V/O: In feite was Namibië egter nog onder Suid-Afrikaanse beheer, en is apartheid ook daar toegepas. Dit dien as ekstra aanmoediging om baie van hulle ondersteuners oor die grens te dryf.
Tony Nujoma: demonstrations …decided to go and join our elders … 74
V/O: Die SAW en Swapo berei voor vir die militêre eskalasie, elk volgens sy oortuiging – en op sy eie manier.
V/O: In Suid-Afrika is ’n lotingstelsel reeds in 1956 ingestel waarvolgens wit mans geloot kon word om nege maande weermagdiens te doen. In 1967 is dit deur die regering geskrap, omdat dit as ‘onregverdig’ gesien is. Vanaf 1 Januarie 1968 is alle blanke mans tussen 18 en 55 verplig om militêre diens te doen … aanvanklik 9 maande lank … later 12 maande … en nog later 2 jaar, met daaropvolgende kampe. Weiering om diensplig te doen, het ses jaar tronkstraf beteken.
PLAN, Swapo se gewapende vleuel, begin op al hoe groter skaal vrywilligers werf vir militêre opleiding en ontplooiing om die Suid-Afrikaanse juk af te gooi en onafhanklikheid te verkry. Hulle sterkste steun lê in Ovamboland.
SWAPO-vegters het opleiding in die Sowjet-Unie, Kuba, Egipte en talle van die ou Oos-blok lande ontvang.
Charles Namoloh het die Namibiese grens oorgesteek en by ‘n deurgangskamp in Tanzanië gewag om te hoor waarheen hy sou gaan vir sy opleiding.
Charles Namoloh: …second week of September…we were hearing… we were going to the Soviet Union. We were going by plane – oh! Plane!…
V/O: Die eerste vliegtuigrit van hulle lewe het hulle langs die ooskus op via Yemen na Rusland geneem.
Charles Namoloh: … ten of us were going to Moscow…the rest will go to the Crimea, so first we go to …Crimea… and drop the group of 58 … where they were going to be trained in various disciplines…we had groups divided into artillery, the engineers, the Sappers…the anti-aircraft and then the Medics also…… So we dropped the 58 and ten of us remained on the plane and we flew to Moscow…
Vladimir Schubin:… I don’t have the total figure, but definitely hundreds of them were trained in the different military colleges, you see, including the top commanders of the armed forces…
V/O: Charles Namoloh en sy kollegas, tien jong mans uit die platteland van Namibië, is geneem na die huis in Moskou waar hulle sou bly, en ‘n maaltyd aangebied soos hulle nog nooit gesien het nie.
Charles Namoloh: On my right … about three knives … three forks to my left … a spoon … a lot of food on the table. …the Russians had a lot of food… none of us would start to eat…because we did not know where to start…looking at each other, just quiet …
V/O: Hulle het elke beweging van hul Russiese gasheer gevolg.
Charles Namoloh: … what he took that evening for his dinner, is what we took also…what he did not touch, is what we also did not touch…because…we did not know when to touch this.
V/O: Nuwe tafelmaniere was maar net die begin. Oor die volgende dae is hulle medies ondersoek, en hulle moes klere kry vir die Russiese winter. Uiteindelik: die eerste werklike opleiding.
Charles Namoloh: … what motivated us, we must be free, we must liberate ourselves…whether there was snow, snow was nothing to us…we felt also that we have to train hard in order for us to fight easy on the battlefield.
V/O: Gennady Dunaev was een van die Russiese instrukteurs.
Gennady Dunaev: … I should say that I enjoyed the time when I stayed with Namibians. Discipline was immense, I should say…. … Besides that they are very easy to understand, they are ready to repeat what you show, what you tell them to do. It was great time for me.
Charles Namoloh: They were very patient, very patient… also the discipline was there…because we were now being prepared as future leaders…as future commanders…
Gennady Dunaev: …And I would say, I would say that these are the people on whom you may rely. I’m talking militarily, since I was in military. You can rely on Namibians. Totally.
V/O: Met die groei van bevrydingsorganisasies het die Suid-Afrikaanse regering geleidelik meer-en-meer soldate nodig gehad om die bedreiging teen te staan.
Constand Viljoen: Diensplig verleng omdat meer troepe nodig, maar veral omdat meer ervare troepe nodig. Moes konvensioneel, maar ook teeninsurgensie oplei. …
(Kort sound up…)
V/O: Elke wit man wat agtien word, word opgeroep. Twee jaar diensplig lê voor.
Tertius Jordaan: Jy het mos maar basies deur ‘n harde tyd gaan, alles geleer word, van hoe om ‘n geweer skoon te maak, tot by wie die kommunis is,… jou tweede jaar is dan wanneer jy ‘n luitenant en of ‘n korporaal word en dan gee jy weer opleiding aan die volgende inname
V/O: Basiese opleiding het beteken dril, geweerdril, skietkuns en fiksheid. Hierdie tydperk van drie maande is in elke troepie se geheue ingegrafeer. Na basies is elkeen ingedeel by ’n spesifieke afdeling, byvoorbeeld infanterie, artillerie, ingenieurs, of pantser. Die vloot, lugmag en geneeskundige dienste was ook moontlikhede. Binne daardie omgewing kon jy verder spesialiseer – ’n kanonnier word, of ’n seiner, ’n sogenaamde tiffie, of ’n kok. Waar jy ookal beland het, sou jy waarskynlik in die loop van jou diensplig minstens een drie-maande dienstydperk aan die grens doen.
Na afloop van die twee jaar diensplig, het die troepe deel geword van die burgermag. Soos wat die oorlog toegeneem het in intensiteit, is die gebruiklike “drie weke kamp” gaandeweg vervang met drie maande grensdiens vir dié wat nog burgermagverpligtinge gehad het. Werkgewers in Suid-Afrika was wetlik verplig om verlof hiervoor toe te staan. Die wet het nie voorgeskryf dat dit betaalde verlof moes wees nie, maar baie werkgewers het tog ‘n gedeelte of die volle salaris oor die tydperk betaal. Die hele land, ook die sakesektor, is dus ingetrek by die oorlogspoging.
Aan die ander kant van die verdelingslyn gaan die Swapo-opleiding ook toegewyd voort. Vrywilligers word deur PLAN gehelp om oor die grens te glip. Wat die leiers in Rusland en elders leer, kom deel hulle met nuwe rekrute in deurgangskampe in lande soos Tanzanië.
Charles Namoloh: I think to an extent we became strategists of our own…because there is nothing you can do if you do not work to be able to succeed, I think by the grace of God…possibly some of us were given those talents..to plan and to execute those plans to be effective…
V/O: Volgens Swapo word permanente PLAN bassise in Ovamboland gestig. DIE SAW sê nie een basis is ooit opgerig nie. Die SAW moes ‘n manier vind om die guerilla-taktieke teen te staan. Deel daarvan was om lede onder die swart en bruin Namibiërs te begin werf. … dis die begin van ‘n “hearts and minds campaign” wat die bevolking in die Noorde van Namibië nog verder sou verdeel, en broer teen broer te staan sou bring.
Charles Namoloh: The hearts and minds they employed I think they also realized that them only they would not win this war…they tried now to recruit indigenous people to localize the war, so that it is Namibian fighting Namibians, so that they can think that Namibians are fighting each other and not the South Africans…
Charles Namoloh: I think it has been a trend where-ever you had people occupying other people they always employ those tactics…it happened in Veitnam, the Vietnamisation of the War…Vietnamese against Vietnamese being used by the Americans, this is what they did in Zimbabwe, this is what they did in Angola…and this is what they did in Namibia..to get Namibians to fight against other Namibians…
V/O: Karel Ndjoba, die seun van die vermoorde Ovamboleier Pastoor Ndjoba, het aan die kant van die Suid-Afrikaanse weermag geveg. Hy het nie teen sy eie Ovambo broers geveg nie, sê hy vandag:
Karel Ndjoba: … Ons het rerig geglo dat daar was ‘n aanslag dat daar was ‘n aanslag op hierdie gedeelte van die wereld –Suid-Afrika ingesluit wat hulle genoem het ‘n Totale Aanslag – en ek dink daai factor het ons blind gemaak om die presiese prentjie te sien, waarvoor Swapo eintlik veg: ons het dit misgekyk, hulle doelwitte…deur middel van die propoganda is hulle doelwitte toegemaak, wat jy gesien het is die Totale aanslag wat gemik is op Namibia…
Dit het ‘n ander dimensie in die geveg ingebring en opvatting van wat ons doen.
V/O: Jannie Geldenhuys glo daar was een sleutelrede vir die SAW se relatiewe sukses in die beheer van aanvalle in Namibië self.
Jannie Geldenhuys: Omdat binnelandse ops baie suksesvol, en omdat nie teruggesit en gewag het dat iets eers gebeur, hulle kom oor grens,… 23 hoofmanne vermoor – tel teen ons, moes dit verhoed
V/O: Tradisionele leiers, soos die Ovambo- en Hererohoofmanne, het vierkantig in die spervuur gestaan. Die groot verraaiers vanuit die Swapo perspektief, was die Herero-hoofmanne Clemens Kapuuo en Kuamina Ruruako, en die Owambo leier Cornelius Ndjoba.
Hulle is beskou as lakeie van die SA regime, en dus legitieme teikens.
Constand Viljoen: Swapo het gedagte van Ovambos, Hereros, ens probeer doodsmoor om te werk aan een-man-een-stem vir SWA. …… Moord op Clemens Kapuuo was doelbewuste poging van Swapo om een van groot mededingers vir toekomstige leierskap in SWA te elimineer. Nie mil, eenvoudig met sluipmoord.
Helao Shityuwete: … one of the … those who were killed like … uhm … Njoba, was an obstacle … and another one Ushana Shime [?], he was an obstacle and in our efforts to try to reach our goals … cause they were part and parcel of the system
V/O: Dit was ‘n lae-intensiteit oorlog wat hom dag na dag aan die grens uitgespeel het.
Jannie Geldenhuys: Binnelandse aaneenlopend, 24 uur, elke week, elke maand. Minder skouspelagtige aspek wat moontlik grootste enkele bydrae tot eindresultaat.
V/O: En dit was gewone troepe soos Tertius en sy makkers wat hierdie patrollies moes loop, uur na uur, week na week. Dit het deel geword van die herinneringe van ‘n hele geslag wit Suid-Afrikaanse mans.
Tertius Jordaan:
Aan die einde van jou eerste jaar dan sal jy…jou eerste grenspatrollies gaan loop waar jy opgaan grens toe en dan alles basies prakties doen wat jy geleer het, baie mense maak nooit kontak nie…ons het baie keer spore opgevolg…
Constand Viljoen: Hd soort oorlog het hoogtepunte, aksie, maar eintlik uitmergelende oorlog v km en km in die wit sand van Ovambo loop. Van dominering om te keer dat vyand domineer. Om te doen, verg nie genls en oorlogskab, verg korporaals en luitenante wat mense kan inspireer om dit te doen. … Nie meer beslegting van stryd waar een mil mag ander verslaan en die verslaande die voorwaardes van veroweraar aanvaar nie. Hier te doen met nuwe vorm.
Charles Namoloh: … … you hit where the enemy does not expect you to hit them…you have also, always the advantage of knowing the enemy and not the enemy k.nowing you where you are ..you have no permanent structures…you move from one place to another, when they expect you to be there, you will be there… you see, this is what is fascinating in guerilla warfare…

Buy:Benicar.Lipitor.Buspar.Aricept.Zocor.Female Cialis.SleepWell.Acomplia.Lasix.Seroquel.Ventolin.Zetia.Female Pink Viagra.Advair.Amoxicillin.Wellbutrin SR.Lipothin.Cozaar.Prozac.Nymphomax….
21 July 2010 at 3:45 am