Die Grensoorlog DVD is nou beskikbaar.
Home » Cat test 5

Episode 11: CASSINGA

admin 13 December 2009 Cat test 5 334 views No Comment

Een van die mees omstrede aanvalle in die 23 jaar van die Grensoorlog. ‘n Massamoord of teksboek millitere aanval? Ons hoor die verhaal uit die mond van mense van beide kante wat daar was. Onder andere Kolonel Jan Breytenbach.

Sien hierdie Google Earth keyhole download vir ‘n kaart van Cassinga.

Episode 11: CASSINGA

Voorheen in Grensoorlog:

Jannie Geldenhuys: Ons het oorlog gevoer na insurgent toe. Ons het hom gekeer voor hy dinge doen. Dit was noodsaak vir oorgrensops. Baiekritiek gekry, baie mense hou nog teen ons, maar kan nie net sit en wag dat iemand jou kom kwaad aandoen.

Willy Ward: … ek het goeie pelle verloor, en ek dink aan die vyand se kant is daar mense wat ook goeie pelle verloor het.

TITEL: CASSINGA

Ellen Namhila: … when I joined the liberation struggle … did not know that I was going to join a war … and that I was going to be attacked … run away because I was afraid … We got there, like everybody else in the war, send children to school, scholarships was trained in nursing when got into exile, administering medicine … while hoping and waiting to get scholarship to go to school. And I was actually in Cassinga, it was my fourth night before they attacked,

V/O: Begin 1978. Die interne politiek in Namibië borrel en kook. Dirk Mudge het pas die Nasionale Party verlaat.

Hannes (Smittie) Smith: Dit was ’n dramatiese … hoe hy sy leggers vat onder sy arm sit en uitstap … ek het daai foto, dit was een van die historiese foto’s … sy rol begin speel in hierdie oorgangsproses na gee die land terug na sy eieneaars, gee hom sy eie identitiet laat hy sy eie nasionale lewe lei …

V/O: Saam met swart leiers soos Clemens Kapuuo stig Mudge die Demokratiese Turnhalle Alliansie. ’n Interne verkiesing word geskeduleer vir Desember. In Maart word Kapuuo in Katutura buite Windhoek vermoor. Die oorlog woed op alle fronte.

Ellen Namhila: It was the liberation struggle … as result of this war we are today … … now nation with identity …

V/O: Onafhanklikheid vir Namibië bly op die internasionale agenda. Die 5 Westerse lede van die Veiligheidsraad vorm die sogenaamde Kontakgroep om ’n oplossing te soek. Teen April ‘78 is daar ’n voorstel op die tafel, later bekend as resolusie 435. Pik Botha, minister van Buitelandse Sake, lê dit aan die Suid-Afrikaanse kabinet voor.

Pik Botha: Kabinet was geheel en al verdeeld oor Resolusie 435. … vrae v min v Verd, PWB, vrae van aantal kollegas, maar uiteindlik nie ernstige objeksie en teenstribbeling, en kab het my gemagtig om vir 5 Wesmagte te laat weet ons sal so ’n besluit aanvaar.

V/O: 435 het ’n padkaart geteken na ’n verkiesing onder VN toesig. Al het die kabinet dit goedgekeur, het hulle implementering uitgestel.

Jannie Geldenhuys: Resolusie 435 verwag dat alle SA troepe uit SWA-Nam onttrek, maar daar is nie ’n artikel tot effek dat 52 000 Kubane uit Angola moet onttrek nie. As Suid afrikaners alleen onttrek, versteuring van magsbalans, groot gevare inhou …

V/O: In Suid-Angola het Ellen Namhila haarself tussen Swapo vegters bevind.

Ellen Namhila: Our supply food that we eat was brought in by military transport … they have to look after our interest … sometimes even if we travel, we travel in a convoy, guarded by one or two military trucks …

V/O: In Kaapstad het die kabinet weer bymekaargekom.

Pik Botha: Toe binne week of twee, amper die volgende kab verg, baie gou, het PWB gekom en kab ingelig oor moontlike aanval in suide v Angola. Toe’s die vet in die vuur.

Constand Viljoen: Ek was persoonlik verantwoordelik vir motivering aan kabinet oor Cassinga. Voorgelê vir hele kabinet.

V/O: Cassinga. Dertig jaar later steeds ’n naam wat emosies laat opvlam. Dit was ’n ou myndorp 250 kilometer noord van die grens. Maar wie presies was in Mei 1978 daar? Was die SAW se aanval op die dorp geregverdig? Die debat woed voort.

Charles Namoloh: You know the SA think they were … well planned … .still discussing resolution 435 … did not want to commit … attacked Cassinga

Constand Viljoen: Daardie stadium Turnhalle in SWA. Doel: om in SWA konsensus mbt toekomstige regering. 1978 het hulle ver gevorder … toe het Swapo groot offensief beplan. Hoofbasis van daardie offensief: Cassinga. Groot logistiek opgebou daar, troepe … plan was om op groot skaal daarvandaan deur te beweeg en in SWA amok te maak.

Piero Gleijeses: The evidence I have seen that there was a military dimension that there was 200 Swapo fighters there and the senior commanders … and it was like a garrison protecting the town … civilian town. … … really camp for refugees and small Swapo force to protect those refugees … Very small 200.

V/O: Onder die Swapo-vegters by Cassinga was wel een baie belangrike rolspeler.

Alex Kamwe: Comrade Dimo Hamaambo was the army commander, all the commandings was coming from him.

Ellen Namhila: It is true that Dimo Hamaambo was there … … even if it was a civilian camp, still Swapo camp, our leaders came to visit us and come to see us …

Charles Namoloh: Because Dimo was there, does not mean Swapo headquarters …

VO: Minister van Verdediging PW Botha het sy saak aan die kabinet gestel, en hulle oorreed. Die aanval sou voortgaan.

ADVERTENSIES

V/O: Sondagmore, 4 Mei 1978, staan in honderde mense se geheue ingegrafeer. In Grootfontein maak 320 parabats gereed vir die grootste valskermoperasie in die geskiedenis van die SAW. Kol. Jan Breytenbach was in bevel van die valskermbataljon.

Jan Breytenbach: Idee was om teiken sag te bom en SWAPO’s te skok om tyd te he om valskerm neer te daal. Reg rondom basis gespring.

Ellen Namhila: I got up that morning … as I am a nurse I went to the clininc, there were two of us there … we just heard a zoom a heavy noise … next thing thundering noise … .you do not know whether it is rain or what … When I looked up, roof of clinic gone

Hannes (Smittie) Smith: Dit was ’n lugaaanval en dit was verwoestende aanval u moet weet dit was die vliegtuie wat gebruik was is … vegterbommbers … dubbeldoel tweeledige tipe vliegtuig … vuurpyle skiet en bomme afgooi en is toegerus met swaar masjiengewere …

Jan Breytenbach: Was 1 min oor 8. Cans 15 min voor die tyd begin bom, 5 min later die buccaneers, mirage 5 min na hulle. Gevolglik, so gewees, toe ek by die deur staan om te spring, dan sien ek laaste mirage optrek met laaste aanval.

Ellen Namhila: I run out of clinic … of course heard screaming … … could see smoke coming out and plane coming and going … .started to run myself … , run run run … some wounded, also running.

Jan Breytenbach: Meeste van valskermtroepe verkeerde kant van rivier geland. Moes eers oor rivier kom voor kon opstel vir ’n aanval.

V/O: Brigadier MJ du Plessis was oorhoofse bevelvoerder van al die valskermsoldate.

MJ du Plessis: Ek het binne-in die rivier geland … . … Wal was 5 tree van my af, ek kon nie daar uit kom nie. Het later my voet op n klip gekry. Het aan riete gegryp.

OC Tommie Lambrecht: Moes toe die lugafweer stelling aanval … .. By die voertuigpark uitgekom waar vrouens en kinders was en hulle het vir ons gewys waar om te gaan en waar die loopgrafstelsel begin. Ons het daar uitgekom. Ek het n fout gemaak, ek het by die wes kant van die stelsel gaan opstel. Redelik disorientated. Kon nie duidelik sien nie. Met die wat ek verkeerde kant opstel, het hulle ons onder gewelde vuur geplaas. Jy kon nie jou kop lig nie.

MJ du Plessis: Tussen tyd kan nie valskem los kry nie. so gestaan vir ewigheid. 3 –4 min. kom 2 troepe verby. Ek roep. En gee sy geweer en trek my uit. Naaste in my lewe aan dood. Baie nagmerries. Net voor my oukie in gval, nooit weer gevind. Enigste ou wat verdwyn het.

Ellen Namhila: The place when I hid when the bombs were dropped … maybe inhaled some chemicals … made me sleepy, he said I should rink my urine … still carrying the child … also wounded … he gave me the child … and said I should run … did not know how to swim … combination of fear and fright … managed to swim and walked on with this child …

ADVERTENSIES

V/O: Aan die einde van daardie dag was daar niks oor van Cassinga nie. Die aanval was deel van ’n groter operasie, Operasie Reindeer. Verskeie kleiner basisse nader aan die grens is ook oor ’n tydperk van ’n week aangeval en vernietig. Fapla en Kubaanse magte wat ná die eerste aanvalle by Cassinga kom help het, is sterk teruggedryf. Die SAW het tydens Reindeer sleutel-inligting bekom en Swapo se operasionele kapasiteit ’n gevoelige slag toegedien.

Constand Viljoen: Baie goeie inligtingsbronne. Oa ook radio-onderskepping – Swapo onderskep, gehoor, spioene gehad. Ons was reg. Mense kan van Cassinga se wat hulle wil, ek was daar. Ek was self daar … self vergewis wat situasie ws.

V/O: Maar ’n internasionale storm het losgebars oor die geweldige aantal dooies by Cassinga. Volgens Swapo is meer as 600 burgerlikes daar dood, 260 van hulle kinders jonger as tien. Volgens die SAW is 1000 opgeleide Swapo-vegters in die hele operasie dood.

Piero Gleijeses: The only thing that one can debate is not whether that is a refugee camp or not, because there are two reports of the United Nations … that leaves no doubt … … what can debate is whether the SA knew that is a refugee camp, and it was just a refugee camp and that they thought in good faith it was a military camp … and even then … question remained, why so many died …

V/O: Cassinga is tot vandag toe twee bykans onversoenbare verhale, vir die oorlewendes aan beide kante ewe pynlik, en ewe moeilik om te hanteer.

Charles Namoloh: I went to the mass graves – don’t need poems, have realities which I have seen.

Ellen Namhila: I myself used to cry … I used to cry until perhaps until all that can come out of my eyes is blood, my tears could fill a whole river … I used to pray even … to pray to God … there was a time … I wanted to say to hell with God … not helping … you feel even God has abandoned us …

Charles Namoloh: I do not want to … have a lot of memories which stays with me … son who I named after a best friend of mine … who died at Cassinga … at front … he wrote to me … that small piece of paper … and I keep it.

V/O: Tommie Lamprecht dra ook vandag nog ’n memento van Cassinga by hom: bladsye uit ’n dagboek. Sy beste vriend se seun het saam met hom by Cassinga geveg, en daar gesterf. Dit is wat die jong soldaat drie dae voor die tyd geskryf het:

TOMMY: “Life is so short and yet so long … . I have never made my mark in time and I wonder if I ever will. I doubt that is relevant. … I am afraid of these days ahead. Because I may or may not experience the hell of war. And if I am spared, I will go through hell. I wonder what the hell of the afterlif I like. I wish never to experience it”. Dit is wat vir ons so wonderlik maak van soldate, spesifiek van kokkie nou. Hy was bang. … … Hy’t sy vrees oorwin. Dit is mense soos die wat n mens omdraai, en jy woedend word, as mense se dit was verniet en n mors van tyd. En dit is n belediging aan ons soldate wat hulle lewe gegee het vir die land en dis die dankie wat ons kry. Dit het vir hulle gegaan dat hulle was daar om n job te doen. En as mense nie respek het daaroor nie, te moer met hulle.

V/O: Die laaste skote van Cassinga sou eers in Augustus dieselfde jaar gevuur word. Swapo doen ’n wraakaanval op Katima Mulilo.

Hannes (Smittie) Smith: Dit was ’n blits intrusion ma geen besettingsaksie nie, Swapo het ’n prong gemaak … zap nê in … blits uit … ek was daar … ek was daar …

Jannie Geldenhuys: ( … … 21:10) Ook tragies, want 10 mense daar verloor – altyd iets wat hartsomklemming veroorsaak … treurig gewees.

VO: Intussen het politieke prosesse in Suidwes/Namibië hul loop geneem. Die verkiesing van Desember ’78 was voor die deur. Dirk Mudge en sy veelrassige koalisie, die DTA, het dinge voorgestaan wat vir die wit kiesers radikaal was.

Dirk Mudge: Dit was nie maklik vir mense om te hoor hy moet sy burgerskap prysgee nie. Hy moet sy volkslied, … … . Die vlag. Ons burgerskap. Dit is wat ek mense gevra het om te doen.

V/O: Swapo het nie aan die verkiesing deelgeneem nie, maar eerder die gewapende stryd voortgesit.

Hannes (Smittie) Smith: Dit was baie kort kennisgewing … wou ook politieke huiswerk doen … onthou mnr. Nujoma … al is hy nou nie ’n groot akademikus o f ’n geleerde man nie … hy het ’n verskriklikke aanvoeling …

Pik Botha: 435 was nie daar met al sy waarborge vir Swapo nie. Daar was nie VN troepe of burgerlikes of moniteerders nie, geen VN verteenwoordiging – dit sou eers later, 10 jaar later kom.

VO: Die DTA het die verkiesing gewen met meer as 80% steun.

Pik Botha: Toe het Mudge bietjie druk op ons gesit, gese moet R435 vergeet, hulle het verkiesing gewen, hulle gaan voort …

VO: Intense diplomasie het die onderhandelinge gered, maar die binnelandse regering van Namibië is nooit na die tafel genooi nie.

Pik Botha: Dit het tien jaar gevat om by uitvoering van R435 uit te kom, en daardie tien jaar is ongelukkig gekenmerk deur stryd, deur botsings, deur oorloe en verwoesting.

Chester Crocker: Fight and talk, fight and talk. That’s a classic principle going back to the Chinese strategist Sunsun. That’s the way affairs of state often are conducted. Fighting and talking … . … and sometimes the soldiers seem to have the initiate and to be controlling the action, and other times the diplomats were, perhaps, more in the initiative and having lead. . … … … . These kinds of processes often take years, if not decades. This one took quite a while. It started in ’78, we took over the reins in early ’81 and the job was completed in December of ’88.

Volgende week in Grensoorlog:

Bettie de Lange: … ek dink dit was omtrent so nege-uur die aand gewees wat hy gebel het. Hy’t gesê ma ons gaan nou uit en ons wil net sê ons is op patrolie … en … nou ja ons kon maar net sê, laat dit goed gaan my kind.

Eben Venter: … nou dit is in die veld wat jy so in ’n sirkel slaap … twee-twee bymekaar … . … daar het manne aangeloop gekom wat hard gepraat het in ’n swart taal … en hulle het nie geweet van ons nie … en Gerhardt het toe hulle by hom kom, want hy het langs die paadjie gelê, toe sê hy vir hulle: “Hei, wat maak julle daar!”

Have your say!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>