Episode 10: DIE GOUE UUR
‘n Lewendige bom word uit ‘n man se borskas gesny … die dokter vertel. In ‘n oorlog is kontak met die vyand onafwendbaar. Dit beteken gewondes. In 1979 word die SA Geneeskundige Dienste die vierde been van die weermag.
Program teks:
Episode 10: DIE GOUE UUR
Voorheen in Grensoorlog:
Gennady Dunaev: Angolan troups weer greatly afraid of South Africans first – and of Buffalo’s also..If they heard about Buffalo attacking them, that was the end of the war…dropping everything and running away.
William Mutlow: Voor jy gaan, jy weet, jy weet nie eintlik waarvoor jy jou inlaat nie…jy hoor ma wat di eouens sê en dis hierdie avontuur ding in jou kop – en dan …fokkit….
TITEL: DIE GOUE UUR
V/O: In ‘n oorlog is kontak met die vyand onafwendbaar. Dit beteken gewondes. Goeie mediese dienste was onontbeerlik – en vir die soldaat in die spervuur ‘n riem onder die hart.
Jannie Geldenhuys: A, die soldaat wil weet – voor hy in ‘n operasie ingaan dat – as hy gewond word of beseer word…dan gaan hy die beste moontlike mediese sorg kry.
‘n Soldaat wil weet wil weet, dat as hy gedood word – gaan sy ligggaam nie daar gelos word nie….
V/O: Reeds in 1975 moes die rol van die SAMD, die Suid-Afrikaanse Mediese Diens Korps, uitgebrei word. Casevacs is feitlik altyd deur Puma helikopters gedoen, en op elke Chopper was ‘n Ops Medic.
In ’79 word die SAMD die vierde been van die weermag (saam met die Leër, Vloot en Lugmag) en die naam verander na die SA Geneeskundige Dienste, of SAGD. Om Mediese Dienste so ‘n prominente deel van ‘n weermagmasjien te maak, was uniek in die wêreld.
Neels de Villiers: Dit was kritiek in die sin dat ons het die diensplig dokters 6 maande opgelei in algemene krygskuns en wapen skietkuns maar die hoofrol wat hulle geleer is, intensief in die 3maande daarna was hoe om afvoere te doen,wat die beginsels van af voere was en ek dink, ek verstout my om te se dat ons het die hoogste vehouding gehad van dokters tot geveg troepe in die veld.
V/O: Mettertyd het elke peleton, elke troep kanonne of pantserkarre – elke groep soldate in die veld – ‘n “Ops Medic” by hulle gehad.
Maar soos wat die mediese hulp meer gesofistikeerd geraak het, het die uitdagings ook meer geword.
In 1975 het sersant-majoor Rowley Medlin ’n spesialiskursus begin om dienspligtiges op te lei as ops medics – want soldate sou al hoe meer tyd in die operasionele gebied deurbring.
Dr. Neels die Villiers is Israel toe gestuur om te gaan leer hoe om afvoer van verliese vinniger en effektiewer te doen. Die konsep van die Goue Uur het vir die mediese manne ‘n obsessie geword…
Neels de Villiers: Die goue uur konsep kom laat van dat jy gestabiliseer is, dit is in die eerste tien minute,moet jy binne ‘n uur in ‘n voorste gevegshospitaal beland en dan moet jy ‘n chirurgiese span he wat jou onmiddelik toe tree, die bloeding stop, en die pasient na gelang van die organe wat die mees kritiesste is, stabiliseer en dan opereer en dit is dan ook wat die Israelies vir ons gewys het, ons probleem was net baie groter.
V/O: Israel is die grootte van die Kruger Wildtuin. Die SAW moes pasiënte afvoer van sover as 1000 km binne Angola af.
Ondangwa lugmagbasis was die tuiste van talle vrywillige chirugiese spanne. Neels was een van hulle.
Neels de Villiers: Ons het hulle gestabalieseer vir ‘n dag of twee en dan per Hercules af gevoer na 2 Militere Hospitaal toe. Ja dit was ‘n Goue Uur tot hopenlik tot op Ondangwa en dan was dit een of twee dae op Ondangwa totdat die pasient gestabaliseer is en sy longe goed genoeg was om hom in ‘n vlie ertjies te laai om hom af te vlieg na 2 Militere Hospitaal waar verder chirurgie toe gepas is en veral die rehabilitasie gedoen is.
V/O: By die Mediese sentrum in Oshakati is hoë eise aan Mediese Personeel gestel.
Neels de Villiers: ‘n Triage area is ‘n baie groot, wye area waar mens gelyktydig 60 gewondes kan uitle op trollies, en waar mens dan op hakke al jou bloed en al jou vloeistowwe kan hang en bloed kan toedien en dan sny ons almal se klere af en ons gaan dan en ons kyk na die verskillende wonde en ons gradeer dan die pasient as ‘n ernstige gewonde, prioriteit 2, ‘n minder ernstige gewonde prioriteit 3, en dan wat ons gese het ‘n band-aid or a walking wounded ‘n prioriteit 4. Prioriteit 1 was die ernstigste gewondes, tragies was dit die ou wat ons nie tyd op kon spandeer nie omdat hy so ernstig gewond was dat hy sou heel waarskynlik doodgaan binne die volgende 10 minute.
V/O: Wanneer die oorlog opgevlam het, moes mediese personeel op Ondangwa dikwels deurnag om die stroom ongevalle te hanteer.
Dis hier in die operasiesaal waar die geharde 32 soldaat Manuel Oliveira en Neels de Villiers se paaie kruis.
Oliveira het op daardie stadium reeds dekorasies vir dapperheid ontvang. Dr. de Villiers sou binnekort vereer word vir ‘n ander stryd – een wat hy in die operasiesaal gevoer het.
Mario is gewond in die laaste stuiptrekkings van weke van kwaai kontak met Swapo. Die jaar was 1983.
Neels de Villiers: Ek het die HOnoris Crux ontvang…dit was ten tye van ‘n groot militere aanslag deur SWAPO met hulle sogenaamde spesiale magte, dis die Typhoon-battaljon in Maart ’83 om en by 200 lede oor ‘n wye area 400 km van baken 4 tot baken 28 gelyktydig ons bassisse aangeval het. Baie aggresief, baie goed opgeleide soldate, goed toegeruste soldate.
ADVERTENSIES
Manuel (Mario) Oliveira: Ons het op daai een dag, die 3e Maart as ek reg is, het ons 3 kontakte gehad voor 10 uur die oggend in 3 verskillende areas… Dit was die oggend van die 4de Februarie het ek en my peleton vir die helikopter gewag wat ons kos sou bring. Ons was in die bos gewees vir ses weke…
Neels de Villiers: En hulle het ontplooi ses weke in die bos, ses weke by die huis, ses weke in die bos, ses weke in die huis terwyl meeste van ons dienspligtiges met alle respek maar 3 maande grens gedoen het in ‘n 2-jaar siklus so daar le die verskil…
V/O: Omdat 32 soldate agressief kontak gesoek het, was die kans dat hulle die dood in die gesig sou staar, eenvoudig groter. Buffalo Base was ‘n tweede huis vir die soldate van die eenheid, maar in dié fase was hulle in ‘n tydelike basis ontplooi.
Manuel (Mario) Oliveira: Ons basis was in die area van Mupa gewees. Op daardie stadium was ek peletonsersant.
V/O: Agressiwiteit was ‘n voorvereiste vir die rol van peletonsersant. Tog beskryf mense wat vir Manuel ken, hom anders…
Neels de Villiers: Hy’s ‘n baie teruggetrokke, beskeie mens en hy is baie hoog aangeskryf tussen sy makkers as ‘n baie dapper soldaat…
V/O: Volgens Piet Nortje se boek 32 Battalion, is daar tydens hierdie skermutelings ‘n helikopter ingeroep om die liggame van 2 gesneuwelde soldate te kom haal, en kosvoorraad af te laai.
Mario was een van die eerstes om in die rigting van die helikopter te beweeg.
Manuel (Mario) Oliveira: ‘n Pelotonseksie was besig om ‘n landingsarea vir die helikopter te maak. Ons het pas daar aangekom toe ons die geweervuur vanaf ons tydelike basis hoor. Daar was drie peletonseksies in die tydelike basis. Ons het besluit om terug te gaan om die ander te help. Met ons aankoms is daar op ons gevuur en ons het die vuur beantwoord. Ons het een ongeval opgedoen.
V/O: Na die aanval het Mario en sy peleton vir Swapo agtervolg.
Manuel (Mario) Oliveira: Tydens die opvolgaksie het koropraal Daniel aan my gese: “Sersant, hulle is baie meer as ons, miskien oor een honderd man. Dus het ons besluit om terug te draai. Ek het dinge met die peletonluitenant wat by die drie seksies in die TB was bespreek en hy het gemeen dat daar nie probleme sou wees nie, omdat hy met Hoofkantoor in verbinding was. Gevegshelikopters was reeds op pad om te help…
V/O: Op versoek van die gevegshelikopters gee Mario opdrag dat rookgranate gegooi word om sy peleton se posisie aan te dui.
Manuel (Mario) Oliveira: Ek het aan korporaal Daniël wat heel voor was opdrag gegeee en hy het rookgranate gegooi, sodat die hlikopeters on sposisie kan bepaal.
Hulle kon dus begin om sowat vyftig meter voor ons posisie vuur op ons teenstaanders neer te bring. Die vyand het aanhoudend terug geskiet op ons. Na ongeveer vyf of ses minute moes die helikopters omdraai omdat hulle brandstof min geraak het. Ek het hulle gevra om nog so twee of drie minute te bly sodat ons ‘n aanval kon loods.
V/O: Hulle het gehoor gegee, maar Mario en sy troepe moes vinnig beweeg, voor die brandstof opraak.
Manuel (Mario) Oliveira: Ek het opgespring en omtrent drie meter vorentoe beweeg en skielik word ek omgespin en my wapen trek deur die lug en val omtrent vyf of ses meter weg…
Neels de Villiers: En hy was voor in die linie, volgens wat ek verstaan, toe hy met die geweergranaat geskiet is, toe hy wat ons se afgegaan het vir dekking, en ek dink dis toe hy sy hand so uitsit wat die geweergranaat hom onder in die armholte van sy borskas geslaan het.
Manuel (Mario) Oliveira: Ek het op my kniee neergeval en my arm het begin ruk. Op daardie stadium het die helikopters ons verlaat. Nou was ek en ‘n ander man gewond.
Neels de Villiers: Hy’t net gese hy’t iets baie hard gevoel. Ek dink hy was miskien straks vir ‘n paar oomblikke bewusteloos…
Manuel (Mario) Oliveira: Die ander man se naam was Moyenga. Die luitenant het gese dat ons so vier of vyfhonderd meter moet terugbeweeg omdat ‘n ander helikopter en ‘n nuwe peleton reeds oppad was om te help. Die ander gewonde is gedra omdat ons gedink het dat hy swaarder as ek gewond was. Ek het op my eie beweeg. Ek het my gewonde arm gegryp en probeer om dit stil te hou.
Neels de Villiers: Ek was in die operasiekamer gewees toe luitenant Loor, Brian Loor, sy pa ook …….. vegvlieenier my laat weet het vanaf 32 bataljon by Eenana dat hy erg gewond is op die grond en hy versoek lugafvoer of casevac. Ek het dit toe goedgekeur …
Manuel (Mario) Oliveira: Ek het in die helikopter gele en agtergekom dat daar bloed in my mond was. Een van die bemanning het my kop gedraai sodat die bloed kon uitloop. Toe ons by Ondjiva opdaag het die dokters vir ons gewag. Een van hulle het gese dat ek na die siekeboeg toe moet gaan. Dit was in Oshakati. Toe ek daar aankom was almal meer bekommerd oor die ander man…
Neels de Villiers: Op die spesifieke dag het luitenant Loor my nog dringend geroep, daar was alreeds 30 gewondes wat daar gele het omdat die beseerde persoon, Mario de Oliviera, verskriklik borskaspyn gehad het. Hy kon nie regop sit nie…
Manuel (Mario) Oliveira: Daar staan ek agter in ‘n ry van ongeveer 15 pasiente. Iemand het gese dat ek tog eerste moet wees…
Neels de Villiers: En ek het hom ondersoek en met die stetoskoop gehoor dat hy baie slegte longklanke en toe onmiddelik die X-straal medic gevra om X-strale te neem. Ons het goeie X-straal fasiliteite gehad.
Manuel (Mario) Oliveira: Ek is toe deur vir x-strale. Na die x-strale geneem is kon ek sien dat die mense bietjie bekommerd begin lyk…
Neels de Villiers: En eks terug ops kamer toe, want daars toe nog gewondes, hulle het nog ‘n casevac aangevra, toe, in die ops kamer, het hulle my weer gebel en gesê ek moet dadelik teater toe kom, want die chirurg het ‘n bom soos hulle gese het in die borskas geidentifiseer. Toe ek inloop by die teater het ek dadelik die vin gesien in die borskas die oop snit in die ou se borskas van ‘n M60 geweergranaat…
Manuel (Mario) Oliveira: Ek is terug na die militere hospital waar die dokters gereed was om te opereer. Ek is verdoof en het eers 38 uur later wakker geword.
RECONSTRUCION LIGHTS OUT…
V/O: Mario kan niks van die operasie onthou nie. Maar vir die dokters wat daar was, was dit ‘n stryd tussen totale paniek en ysige selfbeheer. Die granaat kon enige tyd ontplof.
Neels de Villiers: Ek het toe dadelik besef dat dit toe ‘n moontlike lewendige granaat was binne-in die kerel se borskas. Die grenaat het hom gepenetreer van sy linker 2e rib dwars agter sy hart verby en dit het gestop onder by sy 11e rib aan die linkerkant. Dit het altwee longe binnegedring, hoewel die een long het nog goed gewerk en dis waarom hy die borskaspyn gehad het en hy so kort asem was. Ek het dadelik besef die bom kon afgaan en so almal uit die onmiddelike teater en die onmiddelike area ontruim en ons het toe vir Dr. Koos Reyneke die narkotiseer gevra om ‘n verlengde narkose pyp daar te stel en die suurstof wat ook kan ontplof te verwyder en ek het vir stafsersant Lubbe ‘n paar medics… met die naam van Skinner, gevra om buffelplate te gaan afhaal. Dis pantserplate van die buffel wat so omdop en hulle het vir ons 4 buffelplate gaan haal met sandsakke so ons het toe om die pasient op die teatertafel buffelplate gepak, sandsakke gepak en gelukkig het die buffelskanier waardeur ek dan met behulp van ‘n tentkabel ‘n gaatjie in die vin van die geweergranaat gebrand het met ‘n verhitte boorpunt, en nadat die gaatjie deurgebrand het het ons die hakkie deur die vin gehaak en met behulp van die tentkabel deur die pulley-sisteem van die buffel verwyder, gelukkig klomp goed neergepak op die vloer, die bom op die vloer geval, dis verwyder deur die genie, korps ek vergeet eintlik die kaptein se naam, dink dit was Steenkamp gewees en onmiddelik het ons toe aangegaan met die operasie, twee … dreins op elke long geplaas, daar was min bloeding, dit gestop, sy borskas geheg, en aangegaan met die ander operasies, ons het daai dag geopereer tot 3-uur die oggend, want ek as reg onthou volgens my notules wat ek gehou het was daar nog 36 pasiente wat daai dag geopereer moes word so ons het geen keuse gehad, maar om De Oliviera daar op daai tafel te opereer om weg te kry uit die pad uit soda tons die ander prioriteite deur die loop van die dag deur die selfde teater kon laat roeteer.
Manuel (Mario) Oliveira: Ek het in Oshakati gebly vir twee of drie dae, waarna hulle my terug gevat het na 01 Militere hospital toe. Ek het omtrent 3 weke in die miltere hospital deurgebring en daarna was ek weer piekfyn.
Neels de Villiers: En daarna het ons kontak behou met mekaar…
Manuel (Mario) Oliveira: Na ‘n aantal maande het ek Dr. de Villiers raak geloop en hy het my gevra: “hei man, is jy nog in die weermag? Hoekom word jy nie ‘n pa nie? Jy is reeds 3 keer gewond en dit sal beter wees as jy ophou met die oorlog.” Ek het eers tien jaar later opgehou veg.
V/O: Die SAGD is wêreldwyd aangeprys vir die Goue Uur konsep, maar ongevalle het soos op alle slagvelde soms voorgekom.
Een soldaat wat nooit weer sou terugkeer huis-toe nie, was spesmagte-operateur Kokkie du Toit, ‘n broer van Suid-Afrika se bekendste oorlogsgevangene, Wynand du Toit.
Die storie van Wynand se vrou Louwna en seun Klippie wat jare lank op sy vrylating moes wag, het Suid-Afrika in die tagtigs aangegryp. Maar min mense het geweet dat sy ouers reeds in ‘78 een seun verloor het.
Wynand du Toit: Op daai stadium dit was ‘n week voor ek die eerste keer op is grens toe.
Ja ons was naby aan mekaar en dit het my nie laat huiwer nie, dit het my inteendeel aangespoor…
Wiilly Ward: Ons het baie operasies saam gedoen, hy het baie gebrei en hy het altyd lekkeer gesing…ook en Kokkie was een van die groot geeste in verkenning. Hy was ‘n luitenant gewees, hy was die spanleier en ek was die 2 UB gewees…
Wynand du Toit: Dit was vir my aansporing om beter te doen en eintlik so goed te probeer doen soos wat hy gdoen het…
Op een persoon na was hy die jongste ou ooit wat die Suiderkruismedalje verower het – en jy kan maar kyk, daar is nie ouens wat dit op daai jong ouderdom verdien nie…
ADVERTENSIES
V/O: Recce-opleiding het mettertyd so gespesialiseerd geraak dat elke lid van die vyf- of sesman spanne ‘n spesialis was: spoorsnyer; seiner; plofstofkundige, of medic.
Van die vroeg sewentigs af het D-eskadron van die Rhodesiese SAS in werklikheid bestaan uit SAW Recces.
In Desember ‘77 is 55 operateurs afgegooi om daar te gaan veg. Die gebied waar hulle afgegooi is, was spottenderwys bekend as die Russian Front, oftewel die Gaza strip…
Willy Ward: Ons was vyf weke in gewees – en ons het ‘n landmyn geplant…die aand vantevore, ons het toe gaan oplê…
Ons gaan toe in hierdie basis in – of eintlik het ons dit hides genoem – wat ons alles vir onsself…ons sit Claymores uit, Claymores was ‘n tipe myn gewees wat ons gebruik het…oor ons in kleinspanne was, dan he tons hierdie myne gebruik wat…as iemand spoornsy – en hulle kom op ons spoor af…dat ons hierdie myn gedetoneer het…en mense wat op daai spoor was…word dan deur hierdie myn getref…
V/O: Dit was 1978. Luitenant Kokkie du Toit se groep se doelwit was om aanvalle op die spoorlyne in die Madulo Pan area te gaan doen. Die area het gewemel van vyandelike soldate – Frelimo uit Mosambiek.
Willy Ward: Ek het so omgedraai en ek kyk so en ek sien Joe de Villiers…en ek dog so by myself O, Joe skiet nie nou na ‘n bok toe nie…en die volgende oomblik toe klap die skote…
Willy Ward: En ons gaan ook oor in ons basiese opleiding, drills wat ons doen, en ons veg toe deur die groep vyande wat daar was….maar daar is net so vyf ses van hulle gewees en ons gaan toe deur dit – en ons maak klaar en ons kom toe terug…nou wat ons gewoonlik doen is jy kom dan terug na die vyand toe wat dan geskiet is…en dan kyk jy gou na – enbige informasie wat op hulle is, om te kyk waar hulle vandaan kom…dat ons inligting kry, jy sien – en die wapens, ons vat hulle wapens…en toe ons nou klaar is, toe sê ons vir KOkkie ons moet nou loop…want ons procedures was…dat ons so in ‘n aanval was, oor ons so klein is….as ons nou al daai dinge gedoen het, dan maak ons nou dat ons wegkom…want hulle gaan nou ager ons aankom…want ons is te klein om as ‘n vegtende groep op te tree…ons is is ‘n verkenningsgroep…en Kokkie sê vir my, kom ons loop nog net so een keer deur man…ek sê vir hom Kokkie, dis nie hoe ons dit doen nie….jy weet, ons moet nou klaarmaak, ons moet nou loop…dat on suit hierdie plek uit kom, want hulle het dit gehoor hier is ‘n kontak en daar is ontploffings gewees…en hy sê ag kom nou Olla man…ons loop tog, toe dog ek ok – ons loop saam….en ek sal nooit vergeet nie, hier lê ‘n dooie man wat ons geskiet het, lê hy hierso….in uniform en ek dink toe nog so by myself, ja, vryheidsvegter….jy het nou jou bloed hier uitgegiet vir ‘n land wat nie eers jou land was nie…en ons loop toe nog verder aan, en net toe klap twee skote….net twee skote hier van die regterkant af….en ek gaan dadelik grond toe en insiseer weer die aksie, Kokkie draai om en hy hardloop terug, hy draai om en hy hardkloop terug….nou ek hoor hy gaan in die bosse in daar agter en een van ons ouens het ‘n RPG 7 by hom…en hy skiet toe met die RPG 7 in die rigting van waar die skote gekom het – en hy vat toe die ouens uit…ek draai om en ek sê, ek is nou eintlik so bietjie kwaad vir Kokkie en ek sê vir hom, ek het nou vir jou gesê ons moet hier wegkom…jy weet, ek sê, waar is jy….en daar is niks nie en ek beweeg so stilweg….en ek sê, Kokkie, ons het nooit ons rang…mekaar op die rang genoem nie…ek sê Kokkie waar is jy – en daar is doodse stilte…ek sê vir een van ons ouens. Smit, sersant Smit wat saam met ons was, ek sê sersant waar is Kokkie, hy sê, wag, “Ek sal kyk…hy kom en hy sê, Kokkie is dood…
Ek sê, dis ontmoontlik, hy het nou teruggehardloop: hy het twee skote deur die hart…dis seker maar die adrenalien wat in hom was, wat maak dat hy nog kon terug kon hardloop…
V/O: Die groep van agt was nou ‘n groep van sewe. Hulle moes die lyk uitdra. Met die vyand op hulle hakke, 400 kilometer in Rhodesië in, radio Willy Ward dringend vir lugondersteuning…
Willy Ward: Ons beweeg toe Noord, want hulle begin toe vir ons van agter af- en ek kan hoor, hulle kom…jy weet, die vyand…want hulle het nou bymekaargekom en hulle praat hoor, hulle raas…
Jy weet ons dra nog ons eie uitrusting ook en ons het nog water en alles en goed.
Maar ons hardloop net Noord…en ons gaan en ons gaan en ons gaan….
En hulle laat naderhand weet dat hulle ons nie die aand kan uithaal nie…hulle sal ons eers die volgende oggend kom uithaal.
Toe sê ek vir die manne, daar is so groot kop…so ‘n hoge kop…wat voor ons gelê het. Toe sê ek ons gaan tot bo-op daai kop. Dit is al wat ek julle vra vandag.
Die manne se water is ook al besig om klaar te raak, van die manne is al besig om hulle drips te drink.
V/O: Die volgende oggend word die span verkenners op die kop opgepik.
Willy Ward: Dit was nogal ‘n gevoel gewees, want toe die helikopters nou inkom en toe die…twee helkopters vlieg toe so uit… jy weet, ek sit toe in hierdie helikopter en in hierdie helikopter agterin kan jy die luitenant se lyk…hy is toe nou toegedraai en alles, kon jy die luitenant se lyk in die helikopter sien…en dit was nogal ‘n teer gevoel, jy sien…

![Reblog this post [with Zemanta]](http://img.zemanta.com/reblog_b.png?x-id=1089d0c8-d407-4523-8fc2-27f469261927)
Have your say!